Bulls is vanjaar die beste SA span

Twee hardebaarde op die aanval: Schalk Brits en Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan.

Die fluisterstemme is besig om op te bou tot ’n crescendo: Dit lyk of die Bulls vanjaar die Superrugby-septer gaan swaai. Of altans onder die Suid-Afrikaanse spanne.

Handré Pollard se manne het weer eens ’n vyfstervertoning gelewer om die Sharks op Loftus Versfeld in Pretoria te stamp.

In hul superheld-truie was die Pretorianers so te sê onstuitbaar om die Durbaniete in elke faset van die spel te oorheers. Pollard het weer sy troepe soos ’n veldmaarskalk bestuur en het gelei op ’n manier waarvan skoolspelers net kan droom: deur sy voorbeeld.

Die 26-jarige losskakel se spelpeil is tans uit die boonste rakke en hy het 22 van sy span se punte aangeteken, waaronder ’n woer-woer-skepskop.

Dan verdien Rosko Speckman ’n plek in die Springbokke se wêreldbekerspan. Sy dartellopies is werklik toorkuns en hy het met sy vaart die Sharks gereeld laat les opsê. Hy het welverdiend twee drieë gedruk en “Speckmagic” is deesdae ’n gevreesde naam.

Hardebaarde soos Duane Vermeulen en Schalk Brits was ook vishoeke in die Sharks se vinne en hulle speel tans klipharde rugby.

Buiten die feit dat die Sharks glad nie opgewasse teen die Bulls was nie, was hulle ook hul eie grootste vyand. Swak hanteerwerk – soos érnstige swak hanteerwerk – en besluiteloosheid op die aanval het hul kanse om die wedstryd te wen gekelder.

Ja, Jeremy Ward het net ná rustyd ’n drie gedruk om die Sharks-droom van herlewing tydelik te laat opvlam, maar sekondes later het Speckman die vlam geblus met die eerste van sy twee drieë.

Die Superrugby-toernooi word nie in Maart gewen nie. Maar die Bulls is tans Suid-Afrika se beste span. By verre.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Jessie Kriel, Rosko Speckman (2). Doelskoppe: Pollard (2). Strafskoppe: Pollard (5). Skepskop: Pollard.

Sharks: Drieë: Jeremy Ward, Daniel du Preez. Doelskoppe: Robert du Preez (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Alwyna ·

Gun ons maar die plesier valerie! Die BULLE het tot dusver AL die SA spanne gewen, dan ís hulle mos tot dusver die beste SA span????

Kerneels ·

“Die super-rugby seisoen word nie in Maart gewen nie. Maar die Bulls is tans SA se beste span. By verre.” Punt.

Eunice ·

Yesss,ou Valerie’ki…netso ??
Ennn…die ÁNDER SA SIEKTE.. ly jý aan….suurknolgeit en afguns!!!?

Pierre ·

Valerie jy is reg, maar die SA siekte le nie in te vinnig praat nie maar die absolute suurgatgeid teenoor die Bulls en ondersteuners. Vir jare het getroue Bulle die vlek gekry en is gereeld bloedneus geslaan omdat ons kwansuis nie kan Rugbey speel nie, ons was die middelpunt van alle negatiewe grappies en noem maar op. Skielik staan die Bulle uit die as uit op en daar gaan ons weer, bemoei jou dalk met rolbal, want jou insig in Rugby is oppervlakkig. KYK MOOI DAAR STAP N BUL VERBY.

LHS ·

Dit is nou een uiterste swakpunt in alle Afrikaanse media, as n speler toevallig iets regkry moet hy reeds n springbok word. Te veel jong spelers is al opgemors omrede die media te veel en te vinnig van sodanige spelers wil skryf. Wat het Speckman verlede week teen die veteraan Combrinck van die Leeus reggekry, niks, absoluut niks. Waar is die superheld van die Stormers sover, Willemse, nie iets om oor huistoe te skryf. Selfde het gebeur met Bosch van die Sharks en so kan talle name genoem word, te vinnig probeer ryp druk deur die media, emosioneel nie gereed vir daardie sprong en whala, uit die bus is.

PLP ·

Wat het Combrinck teen Speckman reggekry. Niks absoluut niks. Se biekie vining vir ons, hoeveel drie het Speckman al hierdie paar wedstryde gedruk, se ook sommer vir ons hoeveel drie het Combrinck al hierdie seisoen gedruk

willie ·

Valerie eindlik verdien jou negatiewe opmerking nie kommentaar nie, daarom bly ek nou stil!

rollie ·

Sover het hulle 2 tuiswedstryde teen SA spanne gespeel. Mens verwag normaalweg dat ‘n span sy tuiswedstryde sal wen. Wanneer kom haal hulle hul pakslae op Nuweland?

Babertondaisy ·

Soos gewoonlik is die stormers supporters die meeste bitterbal oor die Bulls se wen. Veral oor daai 40 op Loftus……eina pappie…..

PLP ·

Ou Rollie, kom ons wees maar eerlik, rugby is nie jou sterkpunt nie. Tuis wedstryd, weg wedstryd wat maak dit saak. Hierdie jaar is die Bulle die wenspan. Nog al span wat die Crusaders kon wen in n finaal ook

Babertondaisy ·

Ja nee rollie soos plp hier se rugby is nie jou sterk punt nie. Ook nie bolla en bolla en ander alias s’n nie. Kry maar iets ander on oor te praat soos die oestyd of sardine run of iets meer relevant.

Gollie ·

Die Bulle wen julle op julle tuisgrond soos verlede jaar het julle harde bene gekou met 10 minute aan elke kant.Hierdie jaar 40-0 op jou bors aahahahah

Riaan ·

Dis darm net snaaks net soos velede naweek dat net die ander spanne bly foute maak en gestraf word behalwe die flou koeie.
Teen Leeus 6 stafskoope vir Dollardjie.
Teen Sharks 5 stafskoppe vir Dollardjie
Die flou koeie wen weer met hulp, nou dink die flou koei ondersteuners weer hulle span is goed en klaar die beker gewen.
Wag ek kyk as hulle begin toer whahaahaa.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

SWAK VERLOORDER EN BAIE SWAK SPORTMANSGEES BY JOU RIAAN!
KOM OOR JOU GROEIPYNE, TOE…

Johann ·

Ag Riaan, kan jy nie maar jou kommentaar bietjie lig en minder snedig wees nie?! Mens kan mos verskil sonder snedigheid – nie waar nie?

Hanna ·

Ou Riaan ons ken die Bulle mos maar so, wag tot hulle aan die verloorkant is dan is hulle doodstil. Gee hulle maar die plesiertjie vir n wyle

rollie ·

As ek reg onthou, het die nulle se eerste semi-toertjie na die tuiste van ‘n amateur asado-spannetjie nie te waffers verloop nie.

PLP ·

Jis ou Riaan, n punt is n punt ou pel. Hoe jy hom kry maak nie saak nie. Soos hulle se, kyk na die scoreboard. Verder maak wat jy prober se nie juis sin nie

Swartwolf ·

Riaan, die Bulle het nog nie die beker in Maart gewen nie maar het in Maart 40 punte op die stompies, 30 punte op die welpies en 37 punte op die sardientjies gesit. Watter een van die drie ondersteun jy nou weer ???

Afrikaan ·

Handré speel goed, hy lei sy span soos ‘n kaptein wat wil wen en takties is hy vêr bo die res van SA se losskakels. So laat staan nou hierdie kinderagtige opmerking en dink eerder aan die komende wêreld beker!

Sanet ·

❗❗❗WHOOOHOOO…? ??
Well done Bulls ???
Yur simply the best ❗❗??

ANA ·

pragtig,Bulls doe so voort en speel ali ou groenoogdrakies en bikkerbekkies Hanna’s,Riaan’s en Valeries stil ?

Swartwolf ·

Afrikaan ek stem saam. Pollard speel nie net brilliant nie hy sal ook ‘n baie goeie springbok kaptein maak. Ten minster verdwyn hy nie na 15 min op die veld nie, hy praat sin en lei van voor af.

Afrikaan ·

Beslis en het jy opgelet as daar punte is om te vat met ‘n strafskop dan dink hy nie eers 2 maal nie; hy vat dit dadelik. Net soos Naas van ouds, ‘n wedstryd wenner mentaliteit. Ek dink Pote doen goeie dinge by die Bulle!

rollie ·

‘n Verbetering na sy powere vertoning teen die Jaquares.

Babertondaisy ·

Soos gewoonlik is die stormers supporters die meeste bitterbal oor die Bulls se wen. Veral oor daai 40 op Loftus……eina pappie…..

Ben Esterhuizen ·

Ai, siestog, eenogige verslaggewing! Die Bulls móét nog gaan toer, en teen dieselfde SA spanne op hul tuisveld gaan speel. Ons praat weer oor sowat 6 weke…

PLP ·

Eina ou Ben. Weet nie of jy weet nie maar kom ek se jou. Al die ander spanne moet ook nog gaan toer. En weet jy wat, as jy nie eers in SA jou wedstryde wen nie dan gaan jy maar sukkel teen die ander spanne oorsee. Om op die Stormers en Sharks se tuisveld te speel maak mos nou nie n verskil nie. Die Bulls is hierdie jaar n beter span en klaar

CallieL ·

Mens moet maar saggies werk met rollie en riaan en die ouens. Bulls het nou al die superstorie 3 keer gewen. Sharks geen, Stormers geen, Leeus in Super 10 eenkeer. Nou het Bulls vir n paar jaar soos die ander 3 gevaar, besluit dis nie lekker nie en staan nou weer op. Natuurlik sal die ouens sleg voel en gal braak. Hulle spannetjies staan nooit op nie. Grrot ding is jy kan nie stry teen die Bulls nie. Kan my nie eers indink hoe daai ouens voel nie

Swartwolf ·

Jy is reg Callie maar kyk die great gees van ander supporters soos die Leeus op die forum. Dan is daar nou weer bitterballe soos die makkers wat jy uitwys met aanmerkings van ” die bulle moet nog toer”, ” die wedstryd teen die Jaguares” ens.ens. Dis nie wat die artikel oor gaan nie. Die artikel se duidelik ” Bulls is vanjaar die beste SA span “……..omdat die bitterballe nie teen daai een kan stry nie probeer hulle nou ‘n argument met die toekoms begin……soos oom Boy Louw in die 30’s vir ‘n Wallieser gese het na ‘n naelskraapse bok oorwinning – “looks at the scoreboard”. Case closed. Dankie vir die artikel Maroela. Veral daai opskrif.

Lions ondersteuner ·

Baie geluk bulle julle speel puik rugby ,ek voorspel ‘n groot jaar vir julle dit is regtig ‘n plesier om na julle te kyk, van ‘n trotse Lions supporter go bulle.

BLOUBUL ·

Jys n sportman duisend Lions ondersteuner…n voorbeeld vir al die ander negatiewe kommentare! Nice game, vani Lions gister ook

Lions bo ·

Baie geluk bulle julle speel puik rugby ,ek voorspel ‘n groot jaar vir julle dit is regtig ‘n plesier om na julle te kyk, van ‘n trotse Lions supporter go bulle.

Sanet ·

DAARSY LIONS BO!
DIS hoe dit moet gedoen word!
Julle het gister fantasties gespeel ?

LÍEWE GENADE,TOG! ·

??? KLOMP SWAK VERLOORDERS WAT TÉ SKAAM KRY, OM OP HÚLLE EIE SPANNE SE ?FORUM KOMMENTAAR TE LEWER❗shame❗en nou moet hulle die Bulls eers kritiseer…JULLE LOSERS ❗❗❗❗?

OU BENNIE,SMAAK MY,JÝT Ñ SUURLEMOEN ? of twee ? VIR ONTBYT gehad,arme mens ?

KAN ONS,MEKAAR MAAR NIÉ Ñ OU PLEKKIE INI SA?? SON GUN NIE??
KAN ONS,NIE VERDER DINK, AS ONS EIE GEKNEUSDE RUGBY EGO’S ?? EN EERDER DINK AAN ÁL DIE TOP SPORTMANNE IN ÁL ONS SPANNE WAT Ñ GEDUGTE BOKSPAN GAAN UITMAAK NIE…??
Ék het as BULLS ondersteuner, nou geen GENOT omi LIONS bv.af te maak nie en is BLY HULLE HET GISTER GOED vertoon…

WÁT VAN…MÁG die beste span wen

BLOUBUL ·

Eina,boeta!
Darem klomp gekneusde en afgunstige rugbyego’s en swak sportmangees weer vandag….

BLOUBUL ·

Jys n sportman duisend Lions ondersteuner…n voorbeeld vir al die ander negatiewe kommentare! Nice game, vani Lions gister ook

Frans C ·

So goed soos die Bulle gespeel het,so swak was die Sharks veral nadat Beast vervang is.
Soos hul sê in die land van die blindes is eenoog koning en moet daar ‘n uitblinker onder ‘n klompie swak spanne wees en tot dusver was dit die Bulls se beurt.

Dat daar ‘n groot skroef by die Sharks los is ,is seker,omdat almal soos individue speel
wat veg om ‘n plek in die span.Het die feit dat die Du Preez broers saam met van der Merwe, die Sharks gaan verlaat iets met die flou vertoning te doen?

Onder al die afdelings tree daar mi nog geen span na vore wat die Crusaders gaan onttroon nie.Die Rebels lyk na vanjaar die buiteperd om dop te hou.

Hennie ·

Kom ons hoop een van die SA spanne wen die reeks . Dit is wat saak maak .

Swartwolf ·

Jy is reg Callie maar kyk die great gees van ander supporters soos die Leeus op die forum. Dan is daar nou weer bitterballe soos die makkers wat jy uitwys met aanmerkings van ” die bulle moet nog toer”, ” die wedstryd teen die Jaguares” ens.ens. Dis nie wat die artikel oor gaan nie. Die artikel se duidelik ” Bulls is vanjaar die beste SA span “……..omdat die bitterballe nie teen daai een kan stry nie probeer hulle nou ‘n argument met die toekoms begin……soos oom Boy Louw in die 30’s vir ‘n Wallieser gese het na ‘n naelskraapse bok oorwinning – “looks at the scoreboard”. Case closed. Dankie vir die artikel Maroela. Veral daai opskrif.

Swartwolf ·

@Kerneels: dankie vir die korreksie Kerneels – spot on. Bloubulgroete.

bolla ·

Is die skeidsregter ‘n nulle ondersteuner? Genade, lanklaas so ‘n eenogige vertoning gesien. Sharks is uit die wedstryd geblaas.

Babertondaisy ·

Soos ons hierbo vir jou nefie of alias rollie gese het jy weet min van rugby af praat eerder oor parstyd of die sardientjie run los rugby jy wys jou (tekort aan) rugby kennis.

Kerneels ·

My genade, bolla, amper gedog jy op langverlof! Sien jou spannetjie (stompies) darem nie die naweek verloor nie…
En ja, dis die lekker van ‘n sterk unie: jy kan nie net die stompies se staatmakerspelers koop nie, maar ook die ref! ?

Waarheid ·

Gun iemand tog n wen en harde werk verdomp!
Moenie so inhalig wees nie!
Wat is fout met julle mense?

Babertondaisy ·

@kerneels……hahaha ????exactly – goed gese!! Stompies nie verloor die naweek nie. Selfs na die binnegevegte tussen sy leierskap oor wie is nou belangriker as wie …en die feit dat hul nie gespeel het nie – gelukkig kry hulle volgende jaar ‘n nuwe coach na “Flekkie” se geploeter maar dink NIE dit sal die kwaliteit van hul spel of hul ondersteuners verbeter nie.

bolla ·

Stormers het nog net 1 wedstryd verloor vanjaar en die res gewen. Nulle het reeds 2 verloor en 1 gelykop gespeel. Pateties.

Afrikaan ·

Ek weet jy probeer “stir” hier Rollie/Bollie/Kollie maar regtig word nou groot en lewer ten minste kommentaar wat klink of jy ‘n rugby ondersteuner is en nie net ‘n trol nie. Toe?

Lekker lag ·

Bolla lees Kerneels en Babertondaisy hierbo. Wanneer is parstyd in die Kaap ??

Kerneels ·

@bolla, mmmm… somme nog nooit jul sterkpunt ?
Ook nie jul rugby…

bolla ·

Feit bly staan dat die nulle sover vanjaar 6 wedstryde in nulle kleure gespeel het. Hiervan het hulle 3 gewen, 2 verloor en 1 gelykop gespeel. Stormers het 5 gespeel, 4 gewen en 1 verloor.

Babertondaisy ·

Niks te doen met hoeveel wedstryde bulle gespeel het nie hul het gewen toe dit saak maak insluitende teen die stompies. Daarom is die bulle, soos die opskrif van die artikel se, SA se beste span by verre. En geen argument gaan dit op die stadium van die kompetisie verander nie. Daai 40 op Loftus maak baie stompie ondersteuners bewerig en baie bitter. Maar hou jou pose en ‘n straight face onthou die bulle het nog nie die beker gewen nie. Nog net al drie SA spanne ordentlik geklop.

Kerneels ·

Seker dan ‘n tikfout dat stompies HEEL laaste op die amptelike super-rugby log vir SA been is…

Disa Lekka plek om djou wonde te lek ·

Vraag: “Waar gaan dit lekker?”
Antwoord: “Nie by die Stormers nie!”
Bwhahaha.

EENDJIE ·

whaaaaa whaaaaa die blou bulle se ou maak hierdie…sommer vroeg in die seisoen is die beker klaar op loftus..hahahahahahahaha ! Saterdag was daar tussen 10 000 en 15 000 toeskouers op loftus,,verlede jaar tussen 10 en 15. get my point? Of my span wen of verloor ek gaan kyk wanneer ek kan..Ones a LION always a LION. Se maar net

Neels ·

Ek weet nie waar al die bulle ondersteuners nou skielik weer opduik nie . Na die afgelope klompie jare se kommentare (van bul ondersteuners )het die meeste van hulle mos bedank omdat dit so sleg gegaan het . Wys jou net . .

Kerneels ·

Onthou jy die ou grappie van “soos broer in die tronk – ons praat nie oor hom nie”?
Ja, hyt nou parool gekry

Henry ·

Afgesien van die Bulle se spelers wat uithaal en wys om soos vanouds daai Blou masjien te laat kook, is Pote se invloed, motivering en ervaring van deurslaggewende belang.
Dankie Pouts!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.