Bulls kies span vir Stormers-wedstryd

Lood de Jager sal die Bulls teen die Stormers aanvoer. Foto: Facebook.

Rosko Specman sal sy Superrugby-debuut maak wanneer die Bulls die Stormers eerskomende Saterdag in hul eerste wedstryd van die 2019-seisoen pak.

Dié Blitsbok-spoedvraat het vroeër vir die Pumas in die Curriebeker uitgedraf en vir die Cheetahs in die Pro14-kompetisie.

Dan is Duane Vermeulen en Schalk Brits ook in die Bulls se beginspan.

  • Die wedstryd skop Saterdag om 17:15 af.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Johnny Kotzé (regtervleuel), Jessie Kriel (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Hanro Liebenberg (flank), Ruan Steenkamp (flank), Lood de Jager (slot en kaptein), Jason Jenkins (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Brits (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Siphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok en Dylan Sage.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Dit gaan weer n lang dag vir die bulle wees die keer speel hulle teen die A span.

Derick ·

En eenoogige Pyper blaas die wedstryd.
Hoekom nie neutrale skeidsregters kry waar 2 spanne van dieselfde land teen mekaar speel nie?

Vlakvark ·

Bulle al lank al nie meer n kwaliteit mededinger nie… sterkte vir n lang en leeg seisoen

Lourance ·

Ek’t vergeet die Stormers het mos al klaar die beker gewen….oooja, nee hul het nog nooit eens 1 SR trophy nie LOL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.