Bulls steel Lions se brul in Johannesburg

Die Bulls het vanmiddag hoog teen die Lions gerank om 30-12 in Johannesburg te wen. Foto: GB Jordaan.

Wanneer laas het jy Steve Hofmeyr se Blou Bul-treffer op Emirates Airline Park gehoor? Taamlik lanklaas, nie waar nie? Want die Lions was vir 15 agtereenvolgende wedstryde baas teen Suid-Afrikaanse teenstanders in Johannesburg.

Maar vanmiddag is dié Bulls-volkslied uit volle bors vanuit die Wes-pawiljoen gesing, te danke aan ’n skitterende vertoning deur die Pretorianers. Ná 80 minute se spel het Captain America vir Spiderman (al was hy sonder sy mondering) 30 – 12 geklop.

’n Jukskei-derby sorg altyd vir aksie. Vra net vir Naas Botha, Balie Swart, James Dalton of Morné Steyn: die adrenalien bruis net ’n bietjie sterker deur die are in die aanloop tot ’n Lions/Bulls-wedstryd. En ná vandag kan jy ook gerus jou hand in die klaskamer opsteek en dieselfde vraag vir Handré Pollard en Malcolm Marx vra.

Beide spanne was gewond – hul gereelde kapteins is op die krukkelys en die kapteinsmantel moes noodgedwonge deur ’n nuwe speler gedra word. Toegegee, Marx en Pollard is waarskynlik nie die slegste plaasvervangers vir Warren Whiteley en Lood de Jager nie.

Dan wou beide spanne ook weer op die wenpad kom ná verlede naweek se nederlae. Die Lions se Harold Vorster het juis gesê dat sy span se Kaapse nederlaag dalk nie ’n té slegte ding was nie – dit was ’n wekroep om weer wenrugby te speel.

Maar dit was die Bulls wat die hongerste was en hulle het Saterdag die tuisspan met balbesit (in veral die eerste helfte) gesnoep. Die Lions het probeer om vanuit hul eie doelgebied met die bal te hardloop, maar die Pretorianers het telkemale hul planne gefnuik.

’n Drie deur Duane Vermeulen en Pollard se skopvoet het gesorg dat die besoekers ’n rustyd voorsprong van 14 – 0 geniet het.

Pollard het die Bulls se voorsprong in die tweede helfte met nóg ’n strafskop gerek en die Rooibontes se ondersteuners het senuweeagtig aan hul biltong begin kou.

Carlu Sadie het egter deurgebars vir die Lions se eerste drie en die Johannesburgers het stelselmatig weer met die vryheid van ouds begin speel.

’n Verdere twee Pollard-strafskoppe het egter die wind ietwat uit hul seile geneem, maar Dylan Smith se drie het die tuisspan weer rede gegee om te glo.

Swak hanteerwerk, ’n tikkie benoudheid op die aanval en Warrick Gelant se drie in die 77ste minuut van die wedstryd het die wedstryd finaal buite die Johannesburgers se bereik geplaas.

Verlede week het die Lions waarskynlik verdien om te wen, maar was aan die verloorkant. Vandag is hulle deur die beter span getroef.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Duane Vermeulen, Warrick Gelant. Doelskop: Handré Pollard. Strafskoppe: Pollard (6).

Lions: Drieë: Carlu Sadie en Dylan Smith. Doelskop: Elton Jantjies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Swartwolf ·

Veertig op die stompies, dertig op die welpies. Bulls regeer oor die ou transvaal en wen nie agv ‘n second class ref met 2 nie. Schalk wys vir Marx wie is baas en tattoo kyk ellendig teen koning Pollard. Soos Kolisi weer gespeel het teen die Saaaks is hy maar net nie ‘n bok kaptein nie en Pollard is die antwoord. Bulls voorste 8 selfde vertoning as toe hulle die stompies op Loftus geslag het. Stompies gelukkig om die baie swak Saaaks te klop in Dbn.

Lol ·

Brits en Vermeulen aan Bulle geleen om hulle bietjie moed te gee.

GRIET ·

ou liewe GERTJIE…jy hak vas jong!!??
BLOUBULGROETE ??❗❗?

Swartwolf ·

Is dit al wat jy het om te se ?? Vier keer dieselfde. Jou kennis van rugby stryk wyd gertjie.

Frans C ·

Die Lions was planloos,leierloos en rigtingloos.Dit is te verstane want daar moes maar redelik geraap en geskraap word om die manne wat weg is te vervang.

Waar die agtal met van Rooyen en Dreyer en Mostert menig skrumstryd gewen het,was dit vandag geredlik gelykop.Dit gaan egter kopkrap vat en dalk weer ‘n seisoen of twee voordat die Leeus weer sal kan saamgesels voorlangs en domineer.

Dit was nie te min bemoedigend vir die Bulle, wat ek dink die eerste keer in 7 jaar die Leeus op hul tuisveld geklop het.Of die vertoning goed genoeg gaan wees om die voorste NZ en Ausssie-spanne te klop sal ‘n mens maar moet sien.

As daar een ding is wat my dwars in die krop steek is wanneer ondersteuners en kommentators ewe skielik spanne na een of twee goeie vertonings begin ophemel asof die beker reeds in die sakkie is.

Gertjie se Stertjie ·

Gertjie leer tango en trek Argentinië toe…

Flou Koei ·

Ha, ha. Net verlede week nog vermorsel deur ‘n amateur asado spannetjie wat rugby as ‘n naweek stokperdjie beoefen.

Skaaptjoppie oppie Vuur ·

Los die asado, ons hou sommer ‘n Boerebraai en drink ‘n Kaapse wyntjie op die Blou Bulle!

GRIET ·

Gertjie+Flou Koei vlieg nou mooi in julle se PEETJIES in hoor❗❗en los die BULLE?uit❗❗
JULLE is seker stormers of lions wat se vlerkies reeds geknip is deurie BULLE ?
OF VIR WÁTTER ONOORWONNE span skreeu júlle voor,as ek mag vra?? ?

Smirre ·

Om met 12 punte te verloor is nie vermorsel nie. Om 40-3 te verloor en nie eers naby die opposisie se doelyn re kom nie – dis vermorsel.

Bul ·

Kruppel geveg was gister in die haaitenk. Kyk die telling. Ander geveg waar die stompies heel kruppel was is paar weke terug op Loftus. Hoe later in die game hoe meer kruppel die stompies.

Hennie ·

Op die dag kan enige span n ander span wen.Kom ons hoop n Suid Afrikaanse span kan die titel wen . Dit is wat saak maak .

Frans C ·

Hennie
Die kanse dat dit gaan gebeur is feitlik nul.Dit is wat NZ doen om hul spelers te behou. Key points of the agreement :

* $24.8m set aside for top up payments in the fight to retain All Blacks – an increase on the $15.9m set aside in the last collective

* Super Rugby budgets boosted by $650,000 per year to $4.65m per franchise

* Incentive payments for long-serving players – a one-off $35,000 cheque for those who have played five years or more and stay to play provincial rugby

* $9-10 million set aside for new savings scheme to help transition players into retirement

* Introduction of an illicit drug education and awareness programme, designed to support player health and well-being;

* Compulsory induction programme requiring players to undergo a number of modules including respect and inclusiveness, player conduct, mental health and wellness, anti-doping, wagering and corruption and concussion management.

Vergelyk dit met ‘n man soos Ackerman wat soveel as moontlik spelers van sy ou span
werf en hul kruppel agterlaat.Dit is eintlik ‘n skande dat ‘n land met soveel talent en die
grootste aantal rugby spelers in die Suidelike halfrond so swak vaar.

Gemakserde Sopbeen ·

Die Leeus moet onmiddelik vir Marelise kies…………ten minste weet sy waar’s die pale!!

Frans C ·

As jy die kommentare en berigte lees besef jy eers hoekom NZ-spanne sedert Superrugby vanaf Super 12 in 1996 begin het 16 keer(70%) die beker gewen het,Australiese spanne 4 (17%)keer en Suid Afrika met die grootste aantal spelers slegs driekeer (13%).Dit uit 23 kompetisies.

Voor dit kon die ou Transvaal die Super 10 titel darem in 1993 wen en die Aussies se Queensland dit in 1994 en 1995. Tel ‘n mens die spulletjie bymekaar dan lyk dit so.

Uit die 26 Superrugbykompetisies wen die NZ-spanne die beker 16 (62 %)keer,die Aussies 6 (23%) keer en Suid Afrika se spanne 4 (15%) keer.Dit is nie juis ‘n geskiedenis om op trots te wees nie.

Dit was duidelik dat die NZ-spanne na hul mislukking in die Super 10 planne begin maak het,hul werwing verander het en hul spanne lank voor enig ander land bekend kon maak
en die kompetisie sedert Super 12 oorheers het.

Waar Suid Afrikaanse kommentators en ondersteuners hulself by tye verlustig in die teenspoed van ander spanne van hul land en hul en die spelers daarin afkraak,hoe NZ se Nasionale afrigters die vertoning van hul spanne met valkoë dop,want hul besef hoe beter hul spanne vaar,hoe groter is die kans op sukses in die 4-Nasies en wêreldbeker.

SANET ·

SKAAPTJOPPIE OPI VUUR..EN FRANS C .. EN HENNIE.. wanneer kan ons 4 SAAMbraai+lekker kuier oor ñ Kaapse wyntjie,ñ Haai voorgereg, ñ Vrystaat skaaprib op ñ Leeu-matvel en dans opi BLOUBUL song? ? GREAT rugbygees? by julle ouens ?

Flou Koei ·

Frans C – dis eintlik maar net die Crusaders wat die kompetisie al vir jare oorheers. Die ander NZ spanne is glad nie so great nie.

Frans C ·

Dit mag so wees dat die Crusaders dit 9 keer gewen het uit die 16 bekers,maar dit doen nie afbreuk aan die feit dat die ander NZ spanne dit saam 6 keer gewen het, wat twee keer beter is as wat enige Suid Afrikaanse span en dit was ook net die Bulls wat dit driekeer kon doen.Die laaste 4 jaar vanaf 2015 is dit net NZ-spanne.
Hier is ‘n lys van geregistreerde rugby spelers per land wat ek bymekaar kon maak.
1,South Africa 342316
2.England 340347
3.France 291202
4.Australia 230663
5.NZ 148483
6.USA 110385
7.Japan 107673
8.Argentia 102790
9.Ireland 96880
10.Italy 82142
11.Wales 73444
12.Fiji 65980
13.Malaysia 50103
14.Scotland 49305
15.Sri Lanka 47071
16..Spain 30531
17.Canada 26883
18.Russia 23800
19.Zimbabwe 22865
20.Samoa 20845
21.Madagascar 20601
‘n Mens sou verwag dat lande met grootste aantal spellers rugby sou oorheers,maar dit is die land
Met die 5de meeste spelers en ‘n bevolking van 5 miljoen,10 keer kleiner as Suid Afrika wat dit doen.
Dit sê vir my dat hul iets reg doen en raak ek nou regtig gatvol dat so’n klein landjie ons elke keer bloedneus slaan op die rugbyveld,amper soos David vir Goliat.

Henry ·

Ou Frans, dankie vir al die syfergedoentes.
Sien jy het selfs die Leeus se Super 10 wen van doerrrie jare by gesleep om hierdie land se droewige prestasies, ‘n ou hupstootjie te gee.
Daar is natuurlik ‘n logiese en alombekende rede vir hierdie droewe land se droefgeestige prestasies.
Spytig dat jy nêrens daarvan melding maak nie!!!
Nou noem ek dit maar – die kwotastelsel.
Wetie waarom ek nog bodder nie, want sodra daai term gebruik word, verdwyn my poging gewoonlik in ‘n woordspietkop se snipper mandjie. Tog…
aquila non capit muscas
:-)

@Frans C ·

Lekker om statistieke te sien! Niks praat harder as feite nie, jy slaan die spyker op die kop! So maak jy ‘n domme se mond toe. Styf toe!

bolla ·

Wil kommentaar lewer oor die spelersgetalle maar my kommentaar word nie geplaas nie, baie frustrerend.

Frans C ·

Beste Henry
‘n Arend mag nie vlieë vang nie,maar dit sal darem lekker wees as ‘n Suid Afrikaanse span ,kwotas en al ‘n superbekertjie vang.

Henry ·

Praaaat jy wat lippe het Frans!!!
Ons het darem twee Wêreld Bekers in die sakkie.

Swartwolf ·

Stem saam sal fantasties wees. Ongelukkig is kwota vereistes vir Rassie nog groter die jaar. So die moontlikheid van ‘n wereldbeker trofee in die bokke se trofee word daarmee nog kleiner.

Frans C ·

YEP Henry maar selfs daar is die Kiwis met 3 ons een voor en dan was hul ook nog ‘n keer ‘runners up’ in 1995.

Henry ·

Frans, dit is so dat die AB’s 3 bekers gewen het.
Jy weet seker ook dat die destydse Bokke eers in 1995 toegelaat is om aan die WB deel te neem.
AB’s se een meer beker is gedurende daai tyd gewen.

Alwyna ·

Die beker word nie in Maart gewen nie. Daar lê nog n lang en harde pad voor, veral vir die stormpies. Hulle het nie gister gewen nie, die sharkies het dit verloor. Swak wedstryd.
Ten minste was die Jukskei derby iets om na te kyk.
Mooi loop BULLETJIES…

Frans C ·

Ja Henry
Weens sanksies kon ons nie aan die 1987 wêreldbeker deelneem nie en het ons seker
‘n kans gestaan omdat ‘n vermomde All Blackspan die Cavaliers in 1986 hier getoer het
en as ek reg onthou die reeks 3-1 verloor het.

Nie al die beste spelers het oorgekom nie en het ons hulle eintlik ‘n guns gedoen om hul vir die wêreldbeker in 1987 te slyp.

Net een vriendelike versoek aan diegene wat vir Maroela skryf.Hou op om te skryf uit ‘n Provinsialistiese oogpunt en gee ons ‘n realistiese ontleding van die wedstryd met ‘n kritiese ontleding van spanne se sterk en swak punte, waar jul dink hul moet verbeter.

Die opskrif mag waar wees maar dit doen nie afbreuk aan die feit dat die Bulle die eerste keer in 7 jaar ‘n saamgeplakte Leeuspan kon klop.Waar was die Bulle dan veral in die laaste 3 jaar?

Henry ·

Ja Frans
En so is dit ook ‘n feit dat die AB’s weens sanksies, twee geleenthede meer as die Bokke van destyds geniet het om die WB te wen. In 1987 nadat hul arme ‘gelapte’ span ‘n vrotterige tweede plek in Suid Afrika behaal het. Koddig hoe hulle altyd ‘n verskoning het wanneer hulle aan die verloor kant is. Indien dit nie maagwerk legendes is nie, is hulle beste spelers nie beskikbaar nie, ens ens ens.
In 1991 toe ons steeds nie toegelaat was nie, het die Aussies gedurende die halfeindronde op Landsdowne Rd vir hulle ore aan gesit. Weet nie meer wat hulle verskoning by daardie geleentheid was nie. Veld was seker te nat gewees.
So van provinsialisme gepraat, almal het met ons Bulle oor die afgelope klomp jare gespot, soms met reg en dikwels sommer uit pure venynigheid. Laasgenoemde waarskynlik tewyte aan die feit dat ons Bulle die Superrugby reeks reeds 3 (drie) keer verower het.
Alle simpatie met jou “gelapte” spannetjie en die donker dae wat voorlê.
:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.