Bulls wil verlore aansien teen Sharks herwin

Duane Vermeulen het herstel van die kniebesering wat hy teen die Chiefs opgedoen het. Foto: GB Jordaan.

Daar was weinig hoogtepunte vir die Bulls in hul wedstryd teen die Chiefs op Loftus Versfeld die afgelope naweek.

Die Nieu-Seelandse span, wat toe nog nie ’n enkele kragmeting in vanjaar se reeks kon wen nie, het amok teen die Pretorianers gemaak om 56–20 te wen. Veral die vlugvoetigheid van hul All Black-heelagter, Damian McKenzie, het die Bulls-verdediging na lug laat gryp en die tuisspan het geen antwoorde op die Chiefs se vrae op aanval gehad nie.

Nou het hulle egter kans om verlore aansien te herwin wanneer hulle die Sharks in die Haaitenk aanvat.

Pote Human het sy skrumskakels vir dié kragmeting roteer, met Embrose Papier wat die wedstryd in die nommernegetrui begin en Ivan van Zyl op die plaasvervangersbank.

Nog goeie nuus is dat hul Bokbreker, die agtsteman Duane Vermeulen, wedstrydfiks verklaar is en in die beginvyftiental ingesluit is.

Vermeulen het sy knie beseer in die wedstryd teen die Chiefs.

Die Bulls het die vorige ontmoeting teen die Sharks 37–14 op Loftus Versfeld beklink. Maar hulle het verlede week glád nie soos daardie span gelyk nie.

  • Afskoptyd is Saterdag om 15:05.

Bulls: Divan Rossouw (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rosko Speckman (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel en kaptein), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Hanro Liebenberg (flank), Ruan Steenkamp (flank), Eli Snyman (slot), Jason Jenkins (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Brits (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Conrad van Vuuren, Jannes Kirsten, Tim Agaba, Ivan van Zyl, Manie Libbok en Johnny Kotze.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joe ·

Knit one slip one, so sal ons nerens kom nie!!! Word hierdie ouens betaal vir hierdie gemors ????

Peter ·

Die bulls kan die verlore aansien ongelukkig net herwin teen ‘n nz span. Wie gee om wat gebeur teen die sharks na so ‘n pakslae? Ons worrie ni oor die ander spanne nie, ons wil he die bulls moet teen die nz spanne wen.

Ai. ·

Wel met kwotas om elke hoek en draai en top spelers wat eerder oorsee gaan speel oor kwotas en geld is die spens maar leeg as dit by talent kom..Met sulke pakslae soos teen die Chiefs laas week moet die Bulle maar lee stadiums verwag…Mense wil nie betaal vir n klomp twak nie…en ek is nogal n stoere bul ondersteuner…Hul die Bulle sal maar eers weer moet uithaal en wen dinge reg stel voor ek top $$$$ betaal om n spel van hulle te gaan kyk..intussen kyk ek eerder maar vanaf die tv in my eie gerief en koue biere uit my eie yskas hoe hul voort ploeter! Maar na Loftus gaan ek nie totdat hul weer ordentelik wen teen oorsee se spanne….

boxer ·

Ek is self ‘n baie groot Bulle ondersteuner maar ek moet dink dit sal beter gaan die naweek oor een skuif wat gemaak is. Met Van Zyl agter die pak kry die bulle nie momemntum nie. Hy staan en krap krap krap die bal met sy voeitjie uit kyk op en wag dat die verdediging mooi en plek is dan wil hy skop of speel. Met Papier agter die pak is daar vinnige besit wat die agterlyn op die voorvoet sit. Gaan kyk maar die kere wat die Bulle die hardloop rugby gespeel het was Papier op skrumskakel. My mening.

ChrisE ·

Die verskil tussen die Bulle en Marilize is, Marilize het darem by die pale uitgekom. Die Haaie het ook die eienaardige vermoë “to snatcth defeat from the jaws of victory”

Yankee ·

Natuurlik moet hulle dit seg. Want dan rol die rande in. Seg hul nie, gaan niemand kyk, en rande rol weg!!En ons alger val altyd vir hierdie slimme streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.