Cheetahs gaan in Ierland hardloop

Die Cheetahs speel op 16 Februarie teen Connacht in Ierland.

Die Guinness Pro14-reeks het aanvanklik talle Bloemfonteinse kanniedood-ondersteuners na hul versteekte hardehout agter in die kombuiskas laat soek, maar deesdae toon die Cheetahs beslis ’n opwaartse kurwe in dié reeks.

Hulle het onlangs ’n rits wedstryde gewen, waaronder ’n rekordoorwinning van 61-28 teen Zebre-rugbyklub. Nou het hulle hul groep bekend gemaak wat drie wedstryde in Wallis en in Ierland gaan speel.

Hulle sal eers teen Connacht in Ierland speel, waarna hulle na Wallis vertrek om die Scarlets aan te vat. Hulle sluit hul oorsese toer in Dublin af, waar Leinster vir hulle wag. Die span is weer op 3 Maart terug op Suid-Afrikaanse bodem.

Staatmakers soos Oupa Mohoje (knie), Jamba Ulenga (nek), Joseph Dweba (dyspier), Malcolm Jaer (knie), Benhard Janse van Rensburg (harsingskudding) en Aidon Davids (gebreekte been) sal egter die toer misloop.

Die Cheetahs is tans sesde op Afdeling A se punteleer ná 14 wedstryde. Hulle het 366 punte aangeteken en 415 afgestaan.

Die Southern Kings is heel laaste in Afdeling B.

Die toergroep: Aranos Coetzee, Luan de Bruin, JP du Preez, Jacques du Toit, Louis Fouche, Nico Lee, Sintu Manjezi, Tapiwa Mafura, Charles Marais, Rabz Maxwane, Tian Meyer, Ox Nche, Abongile Nonkontwana, Gerhard Olivier, Rudi Paige, Junior Pokomela, Tian Schoeman, William Small-Smith, Walt Steenkamp, Dries Swanepoel, Marnus van der Merwe, Henco Venter, Reinach Venter, Shaun Venter, Jasper Wiese.

Hul oorsese bepalings:

16 Februarie teen Connacht (Galway) om 19:35 (Suid-Afrikaanse tyd)

24 Februarie teen Scarlets (Llanelli) om 15:00 (Suid-Afrikaanse tyd)

1 Maart teen Leinster (Dublin) om 21:35 (Suid-Afrikaanse tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Sou nie juis te opgewonde raak oor die Cheetahs se oorwinning oor Zebre nie.Die span is heel laas te in groep “A” en die Cheetahs 2de laaste.na 14 wedstryde het die Cheetahs 6 gewen meen gelykop gespeel en 6 verloor het.

Dit sou beter gewees het as die Cheetahs nie met ‘n negatiewe punteverskil gesit het nie.Verdediging blyk dus ‘n swak punt te wees.

Herman Goosen ·

Alhoewel dit tradisioneel die Cheetahs se styl is het hulle ironies genoeg die meeste sukses al gehad deur af te wyk van hierdie Cowboy styl en gestruktureerde meer vervelige rugby te speel.
Los die malle gerondhardlopery en speel rugby om te wen instead van om te vermaak.
Julle opgang is te danke aan die goeie saamsnoer tussen voorry en agterlyn en talle punte was deur die voorry angteken. Los rugby het menige voorspronge in die verlede vir die Cheetahs wedstryde laat verloor.
Dit is veel belangriker om eerder te leer ordentlik verdedig wat al bai lank ‘n problem by hulle is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.