CrossFit: Smith vierde in die Kaap

Jason Smith. Foto: Facebook.

Suid-Afrika se voorste mansatleet, Jason Smith, lê tans in die vierde plek ná drie WOD-oefensessies in die Kaap.

Die deelnemers moes op die eerste dag van die Fittest in Cape Town-kompetisie ’n hindernisbaan aanpak en 400 m kafdraf.

Andre Houdet van CrossFit Innerfight is die voorloper in die mansafdeling.

In die vroueafdeling is die gunsteling én voormalige CrossFit Spele-kampioen, Katrin Davidsdottir, eerste op die punteleer.

Vandag se aksie was onder meer op Clifton-strand – want wat is ’n CrossFit-byeenkoms sonder ’n bietjie swempret? Die kompetisie is tot 2 Februarie en kom op die Groenpunt-atletiekstadion tot ’n einde.

Individuele mans:

  1. Andre Houdet (CrossFit Innerfight)
  2. Sean Sweeney (CrossFit Powerstroke)
  3. Streat Hoerner (CrossFit Alioth)
  4. Jason Smith (CrossFit Kyalami)
  5. Kyle Bernier (CrossFit Vitality)
  6. Lucas Parker (CrossFit Colosseum)
  7. Richard Smith (CrossFit Kyalami)
  8. Cole Sager (CrossFit Spokane Valley)
  9. AJ Visser (CrossFit Brackenfell)
  10. Timofey Prolubnikov (Tirus CrossFit)

Individuele vroue:

  1. Katrin Davidsdottir (CrossFit New England)
  2. Mia Akerlund (CrossFit Alioth)
  3. Karal Wolford (EHP CrossFit)
  4. Michelle Merand (Fitbox Tygervalley)
  5. Alessandra Pichelli (Diablo CrossFit)
  6. Emily Cavell (CrossFit Boxhill)
  7. Michelle Basnett (CrossFit Cornelius)
  8. Courtney Haley (CrossFit Dux)
  9. Carly Menzies (Injustice CrossFit)
  10. Dina Swift (CrossFit Tijger Valley)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansa Hart ·

Baie trots op ons SA deelnemers wat aan hierdie kompetisie deelneem en hulle so goed vaar, veral in ag genome dat deelnemers van oorsese lande ook deelneem – dit wys ons land se sportmanne en -vroue het niks om voor terug te staan nie teen die wêreld nie. My hart swel van trots om te weet my seun, AJ Visser, is een van die SA deelnemers en dat hy na dag 2 onder die eerste 10 lê. Harde werk wat hulle insit in voorbereiding en deelname aan kompetisies en ook daagliks om hul fiksheid te handhaaf. Crossfit is ‘n baie kompeterende, harde sport. Welgedaan aan ons SA deelnemers. Nog 2 dae oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.