Davisbeker: Suid-Afrika, Israel veg tot die bitter einde

Lloyd Harris – wen Vrydag, maar olikheid kos hom moontlik Satedag se enkelspelwedstryd. (Foto GB Jordaan)

Suid-Afrika se eerste Davisbekerwedstryd teen Israel in 17 jaar is eers in die vyfde van die vyf wedstryde in Irene, net buite Pretoria beslis.

Israel het die kragmeting met 3-2 gewen.

Dit was Suid-Afrika se eerste wedstryd ná sy bevordering na Groep 1 van die kompetisie.

Nik Scholtz, wat Vrydagmiddag in sy eerste enkelspelwedstryd met 1-6, 7-6, 5-7 teen Israel se Dudi Sela verloor het, moes Saterdagmiddag weer uithaal om die beslissende wedstryd vir Suid-Afrika te probeer wen, maar het met  3-6, 5-7 teen Edam Lesham vasgeval.

Verloor beslissende enkelspel na moedige stryd . (Foto GB Jordaan)

♦ Saterdag het Suid-Afrika die voorsprong in die kragmeting geneem toe die dubbelspelpaar Ruan Roelofse en Raven Klaassen hul wedstryd ná 128 minute teen die Israeli’s se Jonathan Erlich en Daniel Cukierman met 5-7, 6-4, 6-4 gewen het.

Maar toe het Suid-Afrika se Lloyd Harris, nadat hy die taai eerste stel teen Sela met 6-7(2) naelskraap verloor het, nie veel teenstand in die tweede stel gebied nie nadat hy olik was.

Hy het die stel met 1-6 verloor nadat hy Saterdag sy eerste enkelspelwedstryd met  7-5, 6-4 teen Leshem gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.