Die 2019- CrossFit Ope is hier!

Camille Leblanc-Bazinet besig met wall balls. Die wêreldwye CrossFit Ope het vandag begin. Foto: Facebook.

Gaan op ’n vinnige fiksheidsverbeeldingsvlug …

Probeer jou voorstel hoe 400 000 atlete wêreldwyd gelyktydig die Ironman aandurf.

Nogal moeilik, nè? Dít is presies wat vandag in die CrossFit-sfeer afskop, wanneer die jaarlikse CrossFit Ope begin.

En maak nie saak of jou naam Rich Froning, Sara Sigmundsdottir of Jan Poggenpoel is nie: jy kan met ’n glimlag (later wel ’n sweterige glimlag) aan die Ope deelneem.

Dave Castro en sy CrossFit-hoofkwartierbende het die eerste oefensessie (19.1) bekend gemaak.

CrossFitters sal soveel moontlik rondes in 15 minute van 19 wall balls (waar jy basies ’n medisynebal teen die muur moet gooi en vang) en 19 kalorieë op die roeimasjien moet verbrand.

Jy kan by enige van die 15 000+ filiale wêreldwyd of enige ander plek deelneem solank jy jou toerusting en ʼn kamera byderhand kan hê.

Die Ope sal vyf weke duur en kom op 25 Maart tot ’n einde. O ja, daar is ’n ekstra meevallertjie: as jy werklik goed in die Ope vaar, kan jy jou kaartjie vir die CrossFit Spele in Augustus bespreek.

Klik hier vir meer inligting oor die Ope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.