Die aandag verskuif nou na rooibal-meerdagkrieket

Die Cape Cobras is die huidige voorlopers in die meerdagse krieketreeks. Foto: Facebook.

In Suid-Afrika verskuif die fokus hierdie week van kitskrieket na meerdagkrieket. Terwyl die Proteas hul staal teen Pakistan en daarna teen Sri Lanka gaan toon, sal die fokus op provinsiale vlak op die plaaslike franchise se meerdagreeks wees. Suid-Afrika se voorste ses spanne spook sake in dié reeks uit.

Op die huidige punteleer is die Cape Cobras gemaklik voor nadat vyf rondes voltooi is. Dit beteken elke span het reeds een keer teen elk van die ander spanne gespeel. Die eerste wedstryd het op 26 September begin en die laaste een op 5 November.

1. Cape Cobras 103

2. Highveld Lions 91

3. Knights 71

4. Warriors 61

5. Titans 58

6. Dolphins 45

Met die kolf bevind drie kolwers van die Cobras hulle in die top‑10 wanneer gekyk word na die gemiddelde lopies per beurt. Die kwalifikasie berus op drie kolfbeurte.

PosKolwerSpanBeurteNUNLopiesHoogsteGemTempo10050
1TB de BruynTtn5040514781,0064,6922
2SC CookLio5032718865,4056,1820
3K VerreynneCob411856561,6671,7002
4DG BedinghamCob5124510261,2579,2811
 4NJ van den BerghLio4024511361,2578,0212
6MY VallieWar6128569*57,0065,2103
7EM MooreWar61279116*55,8061,3111
8GL CloeteWar402028150,5057,3803
9JN MalanCob5024813749,6059,0411
10PJ van BiljonKni6029410049,0057,4213

Met die bal spog die Cobras en die Dolphins elk met drie boulers in die top‑10. Die kwalifisering is minstens vyf paaltjies.

PosBoulerSpanWedstBBLopiesPaaltjiesGemLopies per boulebeurtBeste
1.BE HendricksLions383,52871815,943,425-45
2.CH MorrisTitans2561961216,333,506-66
3.D PatersonCobras283,42471417,642,954-68
4.CP SavageDol245106617,662,354-61
5.CJ AlexanderLions12193518,604,423-36
5.S MuthusamyDol395,12791518,602,936-98
7.E. BoschDol239,1139719,853,546-38
8.LB WilliamsCobras128104520,803,713-40
9.OEG BaartmanKnights370,52411121,903,403-32
10.T. BokakoCobras394,53531622,063,724-57

Stephen Cook is onder die voorste lopiemakers. Foto: Bizhub Highveld Lions.

Die kompetisie is Woensdag 19 Desember hervat en al ses spanne sal in aksie wees.

Johannesburg

Highveld Lions 10:00 Dolphins

Port Elizabeth

Warriors 10:00 Cape Cobras

Bloemfontein

Knights 10:00 Titans

Die oorblywende vier rondes se begindatums is 4, 14, 21 en 28 Januarie.

4 Januarie se bepalings beteken die drie binnelandse spanne sal teen die kusspanne te staan kom.

Durban

Dolphins 10:00 Highveld Lions

Oos-Londen

Warriors 10:00 Titans

Bloemfontein

Knights 10:00 Cape Cobras

Meer inligting is beskikbaar by: http://www.espncricinfo.com/series/_/id/8877/season/2018/4-day-franchise-series.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos ·

KL, ek stem saam met jou oor 5 dag krieket, maar verskil met jou oor die T20 formaat.
As dit nie vir ODI en T20 was nie, was krieket al lankal dood en begrawe.
In vandag se tye het min mense tyd om vir 5 dae te sit en krieket te kyk, en sonder kykersgetalle is borge ook weg. Ek onthou nog so 5 jaar terug het die Proteas sonder hoof borg gesit vir toets krieket, maar borge het oor mekaar geval om ODI en T20 te borg.
Ek geniet alle formate van krieket, want elkeen het ‘n plek in die son. Rugby kan gerus by krieket gaan kers opsteek hoe om relevant te bly in die veranderende tye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.