Die Agterblad-span praat F1-dinge

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-span kom weer byeen ná ’n sportnaweek propvol omstredenheid.

Die heel eerste Saoedi-Arabië Grand Prix is oorheers deur insidente tussen die twee kampioenskap-protagoniste, met groot vrae oor FIA se besluitneming en hul wedrenbestuurder Michael Masi.

Dis span lug hul opinie oor al die gebeure en waar dinge nou staan – die geveg om die wêreldtitel is immers op ’n mespunt gebalanseer.

Verder word saamgepraat oor die Sharks se triomf oor die Bulls en die Stormers se slakkepasrugby teen die Lions.

Die meriete agter Jake White se waarskuwing oor die toekoms van plaaslike rugby word ook opgeweeg.

Dit en nog vele meer in die week se episode van Agterblad!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.

Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.