Die speke gaan in ‘Traptoria’ sing

Daryl Impey. Foto: Facebook.

Soutpansbergweg en ander strate in Pretoria gaan dié naweek van die land se beste fietsryers trakteer wanneer die hoofstad die Suid-Afrikaanse Padfietskampioenskap aanbied.

Die begin Donderdag en Vrydag, terwyl die padwedrenne Saterdag en Sondag aangebied word.

Suid-Afrika se bekendste fietsryer, Daryl Impey, spring môre (Donderdag) heel laaste op die rooster in die Elite-manskategorie se individuele tydtoets (ITT) weg. Die 34-jarige fietsryer het vroeër vanjaar die Tour Down Under in Australië gewen en is ’n gereelde gesig in die Tour de France.

Hy is ook die verdedigende nasionale kampioen. Hy behoort die tydtoets te wen, maar die padwedren kan moontlik ’n ander storie wees.

Ashleigh Moolman-Pasio. Foto: Facebook.

Impey ry op sy eie, terwyl spanne – met talentvolle ryers soos Gustav Basson, Louis Meintjies en Stefan de Bod – hom sal jaag.

In die vrouekategorie is Ashleigh Moolman-Pasio waarskynlik die gunsteling. Sy was verlede jaar tweede in die Giro d’Italia.

  • Tydtoetsrooster:

Elite-mans (spring Vrydag weg):

John Claude Chikane: 13:00
Pieter Seyffert: 13:01
Mitchell Eliot: 13:02
Eddie van Heerden: 13:03
James Fourie: 13:04
Jayde Julius: 13:05
Kent Main: 13:06
Rohan du Plooy: 13:07
Myles van Muschenbroek: 13:08

Gustav Basson 13:09
Stefan de Bod: 13:10
Louis Meintjes: 13:11
Daryl Impey:13:12

Elite-vroue (spring Donderdag weg):

Melissa Schoonbee 13:05
Danielle van Niekerk 13:06
Tiffany Keep 13:07
Victoria Bester 13:08
Nicola Biani 13:09
Cashandra Slingerland 13:10
Suzan Cronje 13:11
Brittany Petersen 13:12
Juanita Venter 13:13
Zanmarie Terblanche 13:14
Elne Owen 13:15
Zanri Rossouw 13:17
Claudia Gnudi 13:18
Sanet Coetzee 13:19
S’annara Grove 13:20
Liezel Jordaan 13:21
Ashleigh Moolman-Pasio 13:22

o.23 mans (begin op Vryag):

Andries Nigrini 12:30
Travis Barrett 12:31
Branwill Blaauw 12:32
Tristan Cuthbert 12:33
Damion Gomez 12:34
Thabiso Mokoena 12:35
Nicholas James 12:36
Esias Joubert 12:37
Matthew Keyser 12:38
Muhammad Irshaad Mayet 12:39
Hennie Myburg 12:40
Joshua van Wyk 12:41
Cian Leveridge 12:42
Callum Ormiston 12:43
Marc Pritzen 12:44
Ryan Terry 12:45
Louis Visser 12:46
Ethan Warrin 12:47
Jason Oosthuizen 12:48
Byron Munton 12:49
Gregory de Vink 12:50

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.