Die wêreld se rykste sportsterre

Lionel Messi. Foto: Facebook.

Die Protea-netbalspan het vir hul bobaas-vertoning in die afgelope Wêreldbeker-netbaltoernooi ’n lekker bonus van R1,2 miljoen van Spar gekry.

Glad nie ’n slegte bederfie vir ’n paar dae se spel nie. Hulle lyk egter soos kerkmuise in vergelyking met die wêreld se rykste sportsterre.

Forbes het vroeër die Top-100 rykste sportsterre ter wêreld bekend gemaak en van die atlete se jaarlikse salarisse is waarskynlik hoër as sommige lande se onderwysbegrotings.

Barcelona se Argentynse sokkerheld, Lionel Messi, is eerste op die lys met ’n allemintige inkomste van $127 miljoen. Vermenigvuldig dit met R13,93 (die rand/dollar-wisselkoers) en jy kry ’n ongelooflike R1,7 miljard.

Nodeloos om te sê, is daar geen Suid-Afrikaner onder die Top-10 óf die Top-100 nie. Roger Federer, met sy Suid-Afrikaanse ma, is egter vyfde op die lys.

Die tenniskoning het in die kalenderjaar $93,4 miljoen verdien.

Die Top-10:

  1. Lionel Messi (sokker): $127 miljoen
  2. Cristiano Ronaldo (sokker): $109 miljoen
  3. Neymar (sokker): $105 miljoen
  4. Canelo Alvarez (bokser): $94 miljoen
  5. Roger Federer (tennis): $93,4 miljoen
  6. Russell Wilson (Amerikaanse voetbal): $89,5 miljoen
  7. Aaron Rodgers (Amerikaanse voetbal): $89,3 miljoen
  8. LeBron James (basketbal): $89 miljoen
  9. Stephen Curry (basketbal): $79,8 miljoen
  10. Kevin Durant (basketbal): $65,4 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frm ·

Kan die menseregte kommissie asb ondersoek instel hkm daar nie kwotas op die top tien lys is nie. Dit is mos onaanvaarbaar.

KL ·

Lees weer deur die lys pel. Tensy jy wil he blankes moet kwotas wees, anders sit jy die pot helemal mis

JohanL ·

By gebrek aan ‘n oplossing, mag ek seker nie kritiseer nie. Maar ek gaan tog. Iewers is iets fout in ons samelewing as mense soveel betaal word vir sport (of enige ander beroep) terwyl biljoene mense saans honger en sonder kos gaan slaap op ons planeet.

Ek gun elke persoon sy “snytjie van die koek”, maar het sport nie ‘n mark “geskep” waar biljoene dollar betaal word vir iets wat nie soveel werd is nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.