Engeland klop Kanada; kelder SA se hoop op kwarteindronde

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika se o.21-manshokkiespan het toe nie die kwarteindronde van die Junior Wêreldbeker in Lucknow, Indië, gehaal nie. Engeland, onder druk om Kanada te klop om te kwalifiseer, het Dinsdag verspot-maklik met 6-0 gewen.

Die jong Proteas het hulself Sondag ʼn buitekans gegee om die kwarteindronde te haal deur naelskraap teen die tuisspan, Indië, een van die toernooi-gunstelinge, te verloor met 1-2.

Indië, wat Saterdag 5-3 met Engeland afgereken het, eindig dus bo-aan groep D en Suid-Afrika derde van die vier spanne.

♦ Die Proteas speel Woensdag teen Oostenryk in die uitklopfase om die spanne se rangplekke tussen nege en 16 te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Andre

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra groot om verskoning vir die oorsig, die foto is reeds verander.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.