Faf gee kolwers die skuld

Faf du Plessis (Foto abc.net.au)

Faf du Plessis, Suid-Afrika se krieketkaptein, het die skuld vir die afgelope toetsreeksnederlaag teen Sri Lanka vierkantig op die Protea‑kolwers se skouers gepak in wat hy as die “mees teleurstellende” nederlaag van sy loopbaan beskryf.

Ná Suid-Afrika in die afgelope 14 maande met Indië, Pakistan én Australië afgereken het, het Protea-ondersteuners onder die indruk verkeer dat die span maklik vir Sri Lanka sou ore aansit. Tog het Kusal Perera se individuele briljantheid en die besoekers se algemene spel in Port Elizabeth gesorg dat hulle die toetsreeks beklink het. Hulle is die eerste span uit Asië om ’n reeks in SA te wen.

Du Plessis het gesê dat die nederlaag ’n ernstige demper op sy span se selfvertroue voor die Wêreldbeker in Engeland en Wallis geplaas het.

“Tot en met hierdie toetsreeks het ek gedink ons speel goeie krieket op ons tuisveld, maar in die laaste twee toetse is ek stomgeslaan. Ek wens ek kon ’n antwoord vir ons vertoning gee, maar ons het soos altyd voorberei en ons het hulle hoegenaamd nie as kanonvoer beskou nie,” het Du Plessis gesê.

“Miskien was die ouens ’n bietjie sielkundig uitgeput ná ’n lang seisoen, maar dit is hoegenaamd nie ’n verskoning nie. Vir my tel hierdie onder die mees teleurstellende reeksnederlae, nie net vanuit ’n persoonlike oogpunt nie, maar ook vanuit die span se perspektief.”

Die tweede toets was reeds op die derde oggend iets van die verlede en 31 paaltjies het in die eerste twee dae gekantel. Dit was egter nie die eerste keer dat die Proteas se kolforde in duie gestort het nie. Hulle het nie een keer in die reeks meer as 300 aangeteken nie en was vir net 128 in die tweede beurt in Port Elizabeth uitgeboender.

Ervare kolwers soos Dean Elgar en Hashim Amla se spelpeil was power en slegs Quinton de Kock, Aiden Markram en Du Plessis het vyftigtalle in die reeks geslaan.

Du Plessis het geweier om die kolfblad die skuld vir die vrot kolfwerk te gee en het die blaam vierkantig op die Protea‑kolwers se skouers geplaas.

“St. George’s Park se kolfblad was baie goed en ek dink beide spanne het swak gedurende die reeks met die kolf vertoon. Saterdag was dit die eerste keer dat twee spelers ’n noemenswaardige kolfvennootskap aanmekaargeslaan het en hulle het dit maklik laat lyk. Toe ek gekolf het, het ek gevoel dat dit werklik ’n goeie blad was; ek dink net nie beide spanne het genoeg lopies op die telbord gehad nie.

“Ons het hopeloos te maklik ons paaltjies prys gegee en ons het nie vir Sri Lanka vir hul paaltjies maak werk nie.

“Hulle het goed geboul, maar die grootste teleurstelling lê by ons. Ons het ’n paar baie goeie kolwers in die span, maar omtrent 99% van ons paaltjies was oordeelsfoute aan ons kant. Ons kan die vinger net na onsself wys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johann cb ·

Nóg ‘n klassieke geval van “the pot calling the kettle black”!

Jack Russl ·

Johann, ek sien nerens in die berig waar hy gesê het dat hy goed gekolf het en die ander kolwers het nie genoeg lopies gemaak nie. Hy sê wel “die grootste teleurstelling le by ons” en “Ons het hopeloos te maklik ons paatjies prysgegee”

Ek is nie een van Faf se grootste aanhangers nie, maar hy vat ook sy deel van die skuld vir die vrot vertonings

Jack Russl ·

Ons springbok kaptein Kolisi sou weer gesê het dat hulle baie geleer het en hulle van positiewe goed uit die wedstryd uit

Johann cb ·

Oor die algemeen het hy nog self nie ‘n wonderlike seisoen nie! Hy sal móét “bykom” voordat hy almal oor dieselfde kam skeer!
Dan is daar natuurlik ook die geld betrokke by alle professionele sportsoorte…is daar dalk sommige manne/vroue by wie dit ‘n oorheersende faktor is? Sou graag wou weet!

LOL ·

As Faf en sy spanmaats meer tyd in die nette en minder tyd in die tattoeer-kliniek spandeer sal dit resultate oplewer.

Lourens ·

Skerp LOL. Baie skerp. Hele lot lyk of hulle met nat comicks veslaan is. Waar is rassie vd dussen?

Karin ·

Niks met tatoos te doen nie, patetiese kapteinskap en span. Hoeveel kanse gaan vir Elgar en Markram en Bavuma gegee word? Avg onder 38 vir net kolfwerk is horrible. Hoelank gaan Steyn nog vas klou?

Ai.. ·

Ja jy is reg Faf jul kokwers veral het * droog gemaak en gekolf soos n klomp kleuterskool spelertjies..Amper asof jul die game gegooi het…maar in elk geval julle gaan in die rekord boeke staan vir ewig en ewig as die eerste SA span ooit wat n reeks teen asiese span verloor het met ieder en elk van jul name daar op swart en wit! Dit is n klad op jul naam vir ewig en dit laat jul erg amateur agtig lyk…Nog n ding Amla sukkel al n laaaang tyd so hoekom volhard hul met uit vorm spelers….ek kan maar net raai….

Andre ·

Bring nog swart spelers, dit is moes die regering se antwoord vir alles. Ek kyk al lankal nie meer Suid Afrikanse sport nie, dit is alles `n groot grap.

Nico ·

Faf jy is die oorsaak van ons kolf probleem. Jy het vanaf die Pakistan reeks oodrag gegee saam met Gidson dat die bkaaie vir die boulers voor berei moet word. Dit kom ook al van voor dit af aan. Dit word nou so goed gedoen dat julle self nie meer daarop kan kolf nie. Sri Lanka het ook vir julle gewys dat as die span nie perform nie doen die veranderinge al is jy die kaprein. By SA gaan alles egter oor sentiment. Hoe lank faal Amla nie nou al nie maar bly in die span en dan help sy pigment deesdae ook as sy peil nie meer goed is nie.

Jack Russl ·

Ag daai storie raak nou afgesaag. Almal gaan aan dat net SA blaaie voorberei. Al die lande doen dit om volgens hulle sterk punte te werk. Die IKR het al daarna gekyk en een opsie was om die loting weg te vat en dat die span wat toer moet kies wat hulle wil doen.

SA was bloot nie reg voorberei nie. Sluit daarby in die feit dat daar ‘n klomp spelers op reputasie in is en dat hulle Sri Lanka onderskat het.

As ons kyk na die meerderheid van die paaltjies sukkel ons kolwers om die lyn en lengte op te tel. Veldwerk het baie afteruit gegaan, heelwat verbroude vangskote. Boulers kan nie die stert uitkry nie. Probeer alles regmaak met opslagballe. Wat het geword van “you miss, I hit” as jy vir stertkant kolwers boul?

Lou ·

Ek dink al lankal ons spelers weet nie meer hoe om 5dag krieket te speel nie. Daar is deesdae te veel kits-krieket en almal wil alles net wegslaan uit die park uit want dan juig die skare jou toe en word jy as ‘n held voorgehou deur die media. 5dag krieket is ‘n spel van strategie en geduld. Dalk moet die Internasionale Krieket raad besin of 5dag krieket nog ‘n plek het in die moderne kits era ?

JohanL ·

Moet saamstem – die kolwers was bitter swak in die PE toets.

Miskien moes ons vergeet van “momemtum behou” ens na die reeks teen Pakistan en ander spelers wat WIL speel, ‘n kans gegee het. Spelers soos vd Dussen en Hamza. Die span soos dit was dink ek het gedink Sril Lanka gaan maklik wees. In die proses bou mens ook aan toekoms.

George van Bloem ·

Hulle choke alewig met enige moet wen situasie en gaan weer choke in die wereldbeker ook. Mens kan maar net hoop dat hulle absolute vrot vertoning in die Sri Lanka reeks hulle bietjie ernstige selfondersoek laat doen anders is nog’n vernederende wereldbeker toernooi hulle(en ons ondersteuners) se voorland.

Gerrie ·

Faf moet egter na hom self kyk ,kan nie eers ordentlike veldwerk doen nie.Hoekom nie almal swart maak nie.dan hoef ons nie so skaam te kry nie

Kobus Steyn ·

Ek het nou nie al die kommentare gelees nie maar dit kom neer dat hy eintlik die ons moes vervang het met EK. n goeie kaptein sou darem n beter ligaamshouding gehad het. Hy lyk die heeltyd beteurted en of hy die hele wereld se probleme op sy skouers dra. Dit is liggies gestel. Ek het dit tevore gese en se dit weer jaag die kaptein en die AFRIGTER weg, stel die regte mense aan en begin voor

LOL ·

En waneer Faf probeer intellektueel klink (veral in Engels) maak hy sy naam krater. Ek se al lank; daar by Affies doen jy of sport of akademie , maar albei nooit. Hy het in elk geval in die Protea span gekom op AB se rug.

Ruben ·

Fav is n superster…ons het net verlede jaar vir India en Australia gelooi en nou net Pakistan gewhite wash…julle mense weet nie waarvan julle praat nie…ons het pak gekry dit gebeur in sport…maak nie nou eweskielik van ons n swak span nie.

Lol ·

@Ruben: dis juis die verskil tussen goed wees en die beste wees.

Ai. ·

Ruben jy is en so goed soos jou laaste/laagste telling in die proteas se geval…Die manne word groot geld betaal en presteer dan nie? As ek nie presteer by my werk en droog maak soos hulle kry ek dan n waarskuwing wat maak hulle so spesiaal.. Die verloor maak seer veral n eerste keer teen n asiese span maar dit is hoe hul verloor het wat nog seerder maak! Nie goed genoeg ie jammer!

Ai.. ·

Jy is net so goed sois jou laaste telling Ruben en die laaste telling vas power….

Pieter ·

Krieket in SA is pateties agv arrogansie en swak spangees. Hul moes nie die voirige afrigter weggejaag het nie, want die huidige een is pateties. Dan moet SA hul trots in hul sakke steek en AB de Villiers as speler kies vir die Wereldbeker. KLAAR!

Robert ·

Het die chaos sien kom, hulle moet vir hulle kry. As jy wil professioneel wees moet jy professioneel optree.

En nou? ·

Ja, nee!
BEE word nie ordentlik toegepas nie, die wit spelers maak nie genoeg bydrae nie…
Overhaul die hele span, dan behoort ons soos Eskom te funksioneer by die wereldbeker!

Pieter ·

En wat van sy eie, en die ander topkolwers, se onvermoë om lopies aan te teken. Faf self is een van die swakste skakels op die veld.
En nog ‘n ding, een van die eerste goed wat ek kan onthou van my opvoeding, is dat my ma vir my geleer het om met ‘n toe mond te kou. Ek verpes hulle oopmond kouery en alewige gespoeggery op die veld. Dit lyk soos beeste wat herkou. Sies man, dis hoe die wereld julle sien.

Ek ·

Gaan SA in die krieket wereld beker speel as hul gaan kan hul net so wel by die huis bly Faf en sy afrigter is ewe moeg kyk in hul oog leede vas kan nie n oordentelike span kies nie Verseker sal hulle twee die beste spelers by die huis los en voldoen aan die regering se vereiste Ja eindelik kan n ou niks se nie want daar is niks om te se nieq Droewig !!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.