Faf gee kolwers die skuld

Faf du Plessis (Foto abc.net.au)

Faf du Plessis, Suid-Afrika se krieketkaptein, het die skuld vir die afgelope toetsreeksnederlaag teen Sri Lanka vierkantig op die Protea‑kolwers se skouers gepak in wat hy as die “mees teleurstellende” nederlaag van sy loopbaan beskryf.

Ná Suid-Afrika in die afgelope 14 maande met Indië, Pakistan én Australië afgereken het, het Protea-ondersteuners onder die indruk verkeer dat die span maklik vir Sri Lanka sou ore aansit. Tog het Kusal Perera se individuele briljantheid en die besoekers se algemene spel in Port Elizabeth gesorg dat hulle die toetsreeks beklink het. Hulle is die eerste span uit Asië om ’n reeks in SA te wen.

Du Plessis het gesê dat die nederlaag ’n ernstige demper op sy span se selfvertroue voor die Wêreldbeker in Engeland en Wallis geplaas het.

“Tot en met hierdie toetsreeks het ek gedink ons speel goeie krieket op ons tuisveld, maar in die laaste twee toetse is ek stomgeslaan. Ek wens ek kon ’n antwoord vir ons vertoning gee, maar ons het soos altyd voorberei en ons het hulle hoegenaamd nie as kanonvoer beskou nie,” het Du Plessis gesê.

“Miskien was die ouens ’n bietjie sielkundig uitgeput ná ’n lang seisoen, maar dit is hoegenaamd nie ’n verskoning nie. Vir my tel hierdie onder die mees teleurstellende reeksnederlae, nie net vanuit ’n persoonlike oogpunt nie, maar ook vanuit die span se perspektief.”

Die tweede toets was reeds op die derde oggend iets van die verlede en 31 paaltjies het in die eerste twee dae gekantel. Dit was egter nie die eerste keer dat die Proteas se kolforde in duie gestort het nie. Hulle het nie een keer in die reeks meer as 300 aangeteken nie en was vir net 128 in die tweede beurt in Port Elizabeth uitgeboender.

Ervare kolwers soos Dean Elgar en Hashim Amla se spelpeil was power en slegs Quinton de Kock, Aiden Markram en Du Plessis het vyftigtalle in die reeks geslaan.

Du Plessis het geweier om die kolfblad die skuld vir die vrot kolfwerk te gee en het die blaam vierkantig op die Protea‑kolwers se skouers geplaas.

“St. George’s Park se kolfblad was baie goed en ek dink beide spanne het swak gedurende die reeks met die kolf vertoon. Saterdag was dit die eerste keer dat twee spelers ’n noemenswaardige kolfvennootskap aanmekaargeslaan het en hulle het dit maklik laat lyk. Toe ek gekolf het, het ek gevoel dat dit werklik ’n goeie blad was; ek dink net nie beide spanne het genoeg lopies op die telbord gehad nie.

“Ons het hopeloos te maklik ons paaltjies prys gegee en ons het nie vir Sri Lanka vir hul paaltjies maak werk nie.

“Hulle het goed geboul, maar die grootste teleurstelling lê by ons. Ons het ’n paar baie goeie kolwers in die span, maar omtrent 99% van ons paaltjies was oordeelsfoute aan ons kant. Ons kan die vinger net na onsself wys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann cb

Nóg ‘n klassieke geval van “the pot calling the kettle black”!

Manie

Johan, brei asb uit?

LOL

As Faf en sy spanmaats meer tyd in die nette en minder tyd in die tattoeer-kliniek spandeer sal dit resultate oplewer.

Ai..

Ja jy is reg Faf jul kokwers veral het * droog gemaak en gekolf soos n klomp kleuterskool spelertjies..Amper asof jul die game gegooi het…maar in elk geval julle gaan in die rekord boeke staan vir ewig en ewig as die eerste SA span ooit wat n reeks teen asiese span verloor het met ieder en elk van jul name daar op swart en wit! Dit is n klad op jul naam vir ewig en dit laat jul erg amateur agtig lyk…Nog n ding Amla sukkel al n laaaang tyd so hoekom volhard hul met uit vorm spelers….ek kan maar… Lees meer »

Andre

Bring nog swart spelers, dit is moes die regering se antwoord vir alles. Ek kyk al lankal nie meer Suid Afrikanse sport nie, dit is alles `n groot grap.