Faf: ‘Ons het hom vergewe’

Faf du Plessis het gesê dat die Proteas Sarfraz Ahmed se verskoning aanvaar het. Foto: Cricinfo.

Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Faf du Plessis, het gesê dat hy en die span vir Sarfraz Ahmed vergewe het ná die Pakistanse kaptein se gewraakte kommentaar in die tweede eendagwedstryd in Durban.

ʼn Mens kon oor die paaltjiemikrofoon hoor hoe Ahmed in Urdu vir Andile Phehlukwayo iets sê. Wanneer dit vertaal word, is dit: “Hei, swart man, waar sit jou ma vandag? Watter gebedjie sê sy nou vir jou op?” Ahmed het vroeër op Twitter om verskoning gevra vir sy uitlatings.

“Ons het hom vergewe omdat hy jammer gesê het,” het Du Plessis aan die media gesê op die vooraand van die derde eendagwedstryd op SuperSportpark in Centurion.

“Hy het om verskoning gevra en aanspreeklikheid aanvaar vir sy aanmerking. Wanneer jy in Suid-Afrika toer, moet jy veral versigtig wees om nie kommentaar met ’n rasse-ondertoon te lewer nie.

“Ek is egter wél seker hy het dit nie so bedoel nie, en ons moet wag om te sien wat die Internasionale Krieketraad aan die saak doen.”

Dale Steyn. Foto: (AP Photo/Rajanish Kakade, File)

Die derde wedstryd in die reeks begin vandag om 13:00. Dale Steyn, Quinton de Kock en Beuran Hendricks sal onderskeidelik vir Heinrich Klaasen, Duanne Olivier en Dane Paterson vervang.

Steyn sal weer teen Mohammad Hafeez te staan kom – ’n kolwer wat hy al menigmaal in internasionale krieket uitoorlê het. Aan die ander kant van die spektrum is natuurlik Babar Azam – die talentvolle Pakistani wat vir Steyn in die afgelope toetsreeks behoorlik kasty het.

Dié tweestryde sal interessant wees om te volg. Ahmed behoort steeds vir Pakistan op die veld te lei.

Hoe die spanne kan lyk:

Proteas:  Quinton de Kock, Hashim Amla, Reeza Hendricks, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, David Miller, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Dale Steyn, Tabraiz Shamsi, Beuran Hendricks.

Pakistan: Imam-ul-Haq, Fakhar Zaman, Shan Masood, Mohammad Hafeez, Babar Azam, Shoaib Malik, Sarfraz Ahmed, Shadab Khan, Hussain Talat, Faheem Ashraf, Hasan Ali, Shaheen Afridi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

RN ·

SA het ‘n siek land geword. Daar is net te veel rasbeheptheid.

Judge Dredd ·

Faf – die protea span het Safraz vergewe vir iets wat die meeste nie kon hoor of verstaan nie?

Miskien moet hulle eerder kwaad wees vir wieookal die vertaling gedoen het en die media wat berge van molshope maak.

Die rasbeheptheid raak nou belaglik.

Joe ·

Dis Reeza Hendricks. En Rassie v/d Dussen, dis die Rassie wat op debut 93 geslaan het en sy 2de ODI 80* , Rassie hoort beslis daar.

Red ·

Ek sien hulle het dit nou reggemaak. Daar was ‘n fout in die span name, plus daar was 13 name

Keet ·

Wel Faf, die ICC en CSA het jou al hoeveel keer vergewe na jy aan die balpeuter..en vir philander…en vir rabada se skouer…so dié is niks nie.

alwyn burger ·

Faf se kop staan seker politiek toe. “Ons het hom vergewe”. Snert Faf !!!. Speel krieket en weerhou jou van sulke sotlike uitsprakies.

Nico ·

Proteas daar was niks om te vergewe nie, want daar was nie rasisme nie. Gaan lees die uitspraak wat die regter gister in juf. Barkuizen se “rasisme” saak gelewer het waar sy dit duidelik maak dat daar nie rasisme gesoek moet word wat nie daar is nie. Bepaal julle by jul spel en leer om draaiboul werk te hanteer en om die doodskoot te plant wanneer julle oponente uit teen die toue het.

Robert ·

Faf moet miskien maar stilbly. Hy kan bly wees hy speel nog krieket, moes eintlik permanent uit krieket geskors gewees het agv vele bal peutery gevalle. Skaam jou om nou so ewe kordaat te sê “ons vergewe jou”. Die beste sou gewees het om te sê dis niks dis deel van krieket. Terloops met hom as kaptein sien ek nie die WB na ons toe kom nie.

David ·

Robert, lyk my jy het ‘n lekker naweek nodig. Wie anders as Faf dal jy kaptein maak?

Haas ·

Robert jy ken nie jou krieket nie, daar is geen harde bewyse vir balpeutery teen hom nie. Nou wie sal jy dan sê is ons kaptein om die beker huistoe te bring? Ek staan bankvas agter FAF!!!

Robert ·

@Haas: netso kan jy sê daar was geen harde bewyse teen die Ausies oor bal peutery nie, dis net afleidings wat gemaak word

Haas ·

Tarien ek stem saam, daar is geen rassitiese opmerking nie, dit is soos die res sê ons land is gedompel in rasbeheptheid. As die woorde ‘swart man’ rassisties is, is die woorde ‘wit man’ dan ook rassisties?

hb ·

Imagine Faf het dit afgemaak as niks dan het hy ook nou ni n job gehad ni. Julle mut wakker skrik. Dis di politieke situasie in ons land en di media wat alles dikteer

Yankee ·

Vergewe!! Lees hierdie taal meer as dikwels onder die kleine Afrikaners. Kleine in getal. Maar okay, n Os kan ook op sy voorpote val as n trop wildehonde hom aanval!! Maar ook, n mens is nie n Os nie, of hoe??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.