Federasiebeker se sterre pak mekaar

Chanel Simmonds. Foto: Eunice Visagie/ANA

Die week se tennisfokus vir vroue is op die Federasiebeker. Die toplande speel in die halfeindronde teen mekaar terwyl Suid-Afrika saam met talle ander lande aan groep- of sonekompetisies deelneem.

In die Wêreldgroep (wat die toplande bevat) word die twee halfeindstryde van die kompetisie hierdie naweek gespeel.

Duitsland speel op klei teen die Tsjeggiese Republiek in Stuttgart. Indien die Tsjeggiese Republiek wen, sal hulle ʼn tuiseindstryd teen die VSA of Frankryk hê. Petra Kvitova sal die aanslag van Tsjegge lei.

Die VSA speel in ʼn wegwedstryd teen Frankryk in die ander halfeindronde. Die twee Williams-susters sal nie aksie wees nie. Coco Vandeweghe voorspel egter dat die VSA steeds ʼn wegoorwinning teen Frankryk sal behaal. Die VSA spog met spelers soos Sloane Stephens en Madison Keys. Die Franse spanlys spog net met die bekende naam van Kristina Mladenovic uit.

Op die jongste ranglys vir tennislande is die Tsjeggiese Republiek se vrouespan eerste gekeur. Die VSA is tweede, Frankryk derde en Duitsland vyfde.

Suid-Afrika speel in ʼn uitklopreeks in die Euro-Afrikagroep en het hul eerste drie kragmetings die week gewen. Suid-Afrika het Montenegro, Kenia en Finland geklop om in die uitspeelfase teen Malta te staan te kom. Die wenner sal aanstaande jaar opskuif na die Euro-Afrika sone twee. Suid-Afrika word verteenwoordig deur Katie Poluta, Chanel Simmonds, Madrie Le Roux en Minette Van Vreden.

Klik hier vir meer inligting.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.