Foto’s: SA-spanne sit die ‘super’ in Superrugby

Die Lions se Warren Whitelely in sy Spider-Mandrag. Foto: Twitter.

“Kan Beast jou Superman, Batman, Ironman, Spider-Man wees? Vir jou drieë druk in die hoekie, vir jou ’n hero wees?”

Die effens vreemde verwerking van dié treffer sal tien teen een vir party Eden-aanhangers na hul asem laat snak, maar vir die meeste Superrugby-liefhebbers sal dit ’n splinternuwe tydvak van hul gunsteling- Suid-Afrikaanse spanne inlui.

Want danksy ’n heldhaftige ooreenkoms tussen SA Rugby, DStv, SuperSport, Marvel en Vodacom sal die plaaslike spanne in die mondering van Spider-Man, Thor, Black Panther en Captain America in derbywedstryde uitdraf.

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Die eerste proesel wat die publiek van dié trui-proeflopie sal kry, is op 3 Februarie wanneer die Emirates Lions, die Cell C Sharks, die DHL Stormers en die Vodacom Bulls sake in Kaapstad sal uitspook.

Die Lions sal in die kleure van Spider-Man uitdraf, die Sharks as die Black Panther, die Stormers as die bedonderde Thor en Handre Pollard en Kie. se Bulls as Captain America.

Kaartjies vir #SuperHeroSunday is beskikbaar vanaf R50 by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henk ·

Die super in super rugby? Kom ons kyk maar eers hoe vertoon hulle op die veld. Model voorbeelde vir ons kinders met haarstyle, tattoos en oorbelle – daar het hulle reeds gefaal. Enkeles se spel kan geprys word- so super helde vir ons kinders – hang ook seker maar af van jou standaard

Nico ·

So word die sirkus in ”superrugby” net groter. Nog ‘ bewys dat die premies vir DSTV uitspattig hoog is. Vir sulke gemors het Multichoice geld. Dus ANC wikkel met julle planne om multichoice te forseer om uitsendings op te maak vir SABC.

Pieter ·

Absoluut kinderagtig en SUPER belaglik. SA rugby is die “laughing stock” vir die internasionale rugby gemeenskap. Pleks hulle al hierdie tyd en moeite gebruik om te konsentreer op dit wat saakmaak, RUGBY.
Die sirkus raak net groter en die narre al snaakser.

Sparkplug ·

Baie goeie geldmaak strarigie…elke kind sal nou graag so n trui wil he. Good job

Jaco ·

Ek gee nie om oor die truie nie, dink nogal Bulls sin is mooi – maar waarom nou al weer op n Sondag rugby wedstryde!!

Pieter ·

Pateties verby. En so vekoop julle jul siele om op Sondae te speel. En dan vra ons nog hoekom dit so met ons gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.