Foto’s: Sport deur die lens

Of naweke nou op SuperSportpark, Loftus Versfeld of Nuweland deurgebring word, Maroela Media se GB Jordaan is altyd gereed om ’n tikkie Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis met sy kamera vas te vang.

Hier is van die sterfotograaf se gunsteling-sportkiekies van die afgelope paar jaar.

Siya Kolisi word deur sy spanmaats gelukgewens na sy pragdrie teen die Hane op Kingspark in Durban op 17 Junie 2017. Foto: GB Jordaan

Gewigstootsensasie Kyle Blignaut tydens ’n oefensessie afgeneem. Foto: GB Jordaan

’n Jong Siya Kolisi probeer Pierre Spies stuit tydens ’n Superrugbywedstryd op Loftus Versfeld op 23 Februarie 2013. Foto: GB Jordaan

Akani Simbine wen die 100 m op Pilditch-stadion op 30 Mei 2016. Foto: GB Jordaan

Die Bulls se Marquit September vlieg deur die lug teen die Leeus in ’n Vodacombeker-wedstryd op Ellispark. Foto: GB Jordaan

Handré Pollard op 25 Oktober 2014 in aksie teen die All Blacks op Ellispark. Foto: GB Jordaan

TJ Perenara vat nie stories van kabouters tydens die uitvoer van die haka op 6 Oktober 2018 in Johannesburg nie. Foto: GB Jordaan

Professionele gholfspeler Erna Breytenbach tydens ’n fotosessie op Dienste-gholfbaan by Voortrekkerhoogte. Erna het ’n paar maande na die fotosessie tragies in ’n motorongeluk omgekom. Foto: GB Jordaan

Arno Botha op die aanval teen die Highlanders op Loftus Versfeld. Foto: GB Jordaan

Malcolm Marx wys ʼn bietjie vinger in die rigting van ’n Argentynse speler in Durban. Foto: GB Jordaan

’n Atleet van Hoërskool Garsfontein seil oor ’n hekkie tydens ’n byeenkoms op die LC de Villiers-stadion. Foto: GB Jordaan

Courtnall Skosan steek ’n stokkie voor die WP se driedruk-planne. Foto: GB Jordaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae