Geen wind in Stormers se seile

Tate McDermott druk die Reds se derde drie teen die Stormers. Foto: Facebook.

Normaalweg is ’n handboek ’n betroubare bron van inligting in ’n spesifieke vakgebied. As jy byvoorbeeld meer oor die Groot Trek wil weet, kan jy gerus jou pa se ou geskiedenishandboek nadertrek.

Nou as jy wil weet hoe om nie punte (om nie eens van drieë te praat nie) in die eerste helfte van ’n Superrugby-wedstryd aan te teken nie, kan jy maar net die Stormers en die Reds vra. Hulle behoort meer as genoeg inligting te hê om vir jou deur te gee.

Die Australiërs het die wedstryd, wat waarskynlik nie vir sy aanskoulikheid onthou gaan word nie, 24 – 12 gewen.

Die Stormers het voor vandag se wedstryd die minste drieë (11) in vanjaar se reeks gedruk. En mens kan sien waarom.

Hulle (bygesê die Reds ook) was effens rigtingloos op die aanval in die eerste helfte en veral hul hanteerwerk het hulle in die steek gelaat.

Tog was daar hier en daar ’n paar goeie oomblikke in die eerste 40 minute – soos Damian Willemse se goeie poging om ’n skop naby die Australiërs se doelgebied op te volg, terwyl Sergeal Petersen se voet net-net die kantlyn geraak het toe hy vir ’n drie oorgeduik het.

Maar verder was dinge maar bra vervelig en die enigste ander noemenswaardige hoogtepunt was Siya Kolisi se geel kaart in die 39ste minuut omdat hy nie betyds weggerol het nie en die bal stadig gemaak het.

Die Reds het ordentlik munt uit Kolisi se oortreding geslaan en dit het hulle net een minuut en 25 sekondes in die tweede helfte geneem om punte aan te teken, toe Samu Kerevi deurgehardloop het.

’n Paar minute later het Brandon Paenga-Amosa oorgeval en skielik was die telling 14 – 0 in die tuisspan se guns.

Die Kapenaars het uiteindelik in die 51ste minuut hul verskyning op die telbord gemaak, toe Kobus van Dyk gedruk het.

Tate McDermott (Reds) en Damian de Allende (Stormers) het daarna ook punte vir hul spanne aangeteken, maar SP Marais se teleurstellende doelskoppoging met De Allende se drie het waarskynlik die Stormers se aand opgesom: effens lendelam.

Dit is die Stormers se derde agtereenvolgende nederlaag op toer. En waarskynlik hul swakste poging tot op hede.

  • Puntemakers:

Reds: Drieë: Samu Kerevi, Brandon Paenga-Amosa en Tate McDermott. Doelskoppe: Bryce Hegarty (3). Strafskop: Hegarty.

Stormers: Drieë: Kobus van Dyk en Damian de Allende. Doelskop: Jean-Luc du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JG ·

Ja Stormers, Karma is n lelike ding…daai onverdiende sege met ou Egon Seconds se hulp so paar weke terug teen die Leeus hap julle nou lekker aan die stert…lekker.

D.K. ·

Kan nie meer met jou saamstem nie JG. Ek wag in spanning vir ou Bolla/Volla/Kolla se kennersmening…

Babertondaisy ·

Skande op skande op oorsese toer. Verloor so…en teen so lam siek en dooie opponent. Kaptein weer geskitter in sy afwesigheid in die leierskap department maar hy was prominent om sy span oor die afgrond te laat stort met sy idiotiese hoogvat. Vergelyk huidige bok kaptein se leierskap en spel met meeste ander bok kapteins. Praat nie van ander internasionale kapteins soos Alun Wynn Jones, Rory Best, ens. Ek kry skaam.

cb ·

Hulle gaan huistoe kom met 1 put uit n moontlike 20. Teen die Rebels gaan hulle nie wen nie. Miskien moet Fleck maar sommer daar in Australie bly. Dit is onaanvaarbaar dat talentvolle spelers so onafgerig is.

Frans C ·

Dat daar iets by die Stormers kort is gewis.Die Suid Afrikaanse skeidsregter was ook soms goed en ander kere soos die Stormers doodgewoon swak.Hy het bv toegelaat dat die Reds skrumskakel keer op keer die bal onder die slotte se voete ingooi.

Nog ‘n vraag mpet Senatla maar nie terugkeer na die Sewes nie,’n mens sien hom selde op die veld.

Therese ·

Terwyl jy dit noem, het al gewonder of daardie reël ooit nog bestaan, want let al vir die afgelope paar jaar op dat skrumskakels van alle spanne daarmee wegkom.

Lol ·

@Frans C. Stem saam oor Senatla en ‘n paar ander eks-7’s spelers. Hulle beteken vir rugby meer by 7’s.

Babertondaisy ·

Stem 100% saam oor jou aanmerking oor Senatla. Sy talente word vermors waar hy nou is.

Albert ·

Dink julle dit is goed vir Fleck om nou al te weet hy is gefire, ek sal nou laat dit maar wel gaan met die spelers terwyl ek my laaste geldjies kry. Hy het al die siesoen begin toe het hy nog nie n bestuur span gehad nie, dus hy was gedoem vir die seisoen. Hy sou nie daar gewees het as dit nie vir die spelers was wat vir hom opgekom het nie. Daardie tipe rugby wat hulle speel kom van die vorige afrigter af wen die wedstryd maak nie saak hoe nie.
WP se bestuur het ook n hand in die ding.

Swartwolf ·

Of Fleck weet hy is gefire of nie hy is ewe useless. Niks beter as “toetie” nie. Hy was die grootste ramp wat bok rugby nog getref het. Kolisi is die tweede.

X Rugby ·

Onaanskoulik? Geen wonder die toeskouers stel nie meer belang nie. Rugby se gloriedae is lankal verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.