Genomineerdes vir SA sportster van die jaar bekend

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Die nominasies vir die elfde Suid-Afrikaanse Sporttoekennings is deur die departement van sport en ontspanning aangekondig en Suid-Afrika se sportster van die jaar vir 2016 sal uit verskeie kategorieë aangekondig word.

ʼn Paneel sportjoernaliste het tien sportsterre genomineer en dit toe verder na ʼn kortlys van drie verfyn. Hulle is Caster Semenya, Kagiso Radaba en Wayde van Niekerk.

Die publiek kan ook betrokke raak deur vir hulle keuse uit ʼn kortlys van vyf sportmanne te stem. Die genomineerdes is, A – Caster Semenya; B – Chad le Clos; C – Kasigo Radaba; D – Seabelo Senatla en E – Wayde van Niekerk. Stuur ʼn SMS na 33121 met die woord Sport en die alfabetletter van jou keuse om aan die stemmery deel te neem.

♦  Daar is baie groot pryse op die spel wat op 27 November tydens die gala-geleentheid, “Die nag van die sterre” weer in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein toegeken sal word. SABC1 sal die skouspel regstreeks uitsaai.

Al drie die genomineerdes in elk van die 18 kategorieë sal ʼn kontant-aansporingsprys van R15 000 ontvang. Die kategoriewenners ontvang elk R130 000 en ʼn trofee. Die sportster van die jaar en die publiek se keuse vir sportster van die jaar sal elk R1 miljoen kry waarvan die helfte na ʼn liefdadigheid van hulle keuse gaan, asook ’n luukse motor.

Die genomineerdes:

Sportster van die jaar
Wayde van Niekerk
Caster Semenya
Kagiso Rabada

Sportvrou van die jaar
Jenna Ward
Caster Semenya
Phumza Maweni

Sportman van die jaar
Wayde van Niekerk
Hank McGregor
Chad Le Clos

Publiek se keuse
Chad Le Clos
Wayde van Niekerk
Caster Semenya
Kagiso Rabada
Seabelo Senatla

Span van die jaar
Roei-manspare:
Mamelodi Sundowns
Springboks

Afrigter van die jaar
Pitso Mosimane
Anna Botha
Jean Verster
Suzanne Ferreira

Nuweling van die jaar
Henri Schoeman
Brad Binder
Ntando Mahlangu

Sportvrou van die jaar met ʼn gestremdheid
Zanele Situ
Anrune Liebenberg
Ilse Hayes

Sportman jaar met ʼn gestremdheid
Charl du Toit
Dyan Buis
Reinhardt Hamman

Vrywilliger van die jaar
Kim Pople
Carol Blignaut
Charles Villet

Fotograaf van die jaar
Sydney Mahlangu
Christian Kotze
Reg Caldecott

Joernalis van die jaar
David van der Sandt
Thabiso Sithole
Kwena Moabelo

Skoolspan van die jaar
St Benedict’s – Roei
La Roche Girls School – Atletiek
Paarl Hoër Jongens – Rugby

Ontwikkelende skoolspan van die jaar
Edamini Primary/ Umzinyathi Team
Ludondolo J.S.S. (Under 13 Football Girls Team)
Benny’s Sports Academy

Ontspanningsliggaam van die jaar
Egoli Squash
Fight with Insight
Unogwaja

Inheemse spele se span van die jaar
Limpopo Ilncuva
North West Khokho
KZN Kgatli Team

Nasionale federasie van die jaar
Atletiek SA
Roei SA
Rollersport SA

Administrateur van die jaar

Robin de Kock
Karen Losch
Virginia Mabaso

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anti-Chris ·

Springbokke genomineer as span van die jaar????? lmga, dit is seker ‘n drukfout? Waar is Sundowns of die Leeus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.