Bezuidenhout klim 26 plekke

Christiaan Bezuidenhout (Foto: YOSHI IWAMOTO/AFP)

Die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout het 26 plekke verbeter ná ʼn derde ronde van 65 houe by die Sony Ope in Hawaii.

Hy is op -11, sewe houe agter die voorloper, die Amerikaner Russell Henley (-18). Henley is twee houe voor Hideki Matsuyama van Japan wat sy derde ronde in 63 houe, sewe beter as die baansyfer, voltooi het.

Nog ʼn Suid-Afrikaner, Erik van Rooyen (-7), is 11 houe agter Henley. Branden Grace het nie gekwalifiseer om dié naweek saam te speel nie.

By die Australiese PGA-toernooi het Jediah Morgan ʼn nuwe wenrekord opgestel toe hy die toernooi met 11 houe gewen het.

Die vorige rekord van agt houe was agter die name van gholflegendes Hale Irwin en Greg Norman. Die 22-jarige Morgan is ook die jongste wenner van die toernooi in 60 jaar.

Die Suid-Koreaan Joohyung Kim het die Singapoer- internasionale toernooi op die Asiese Toer gewen.

Hy het geseëvier in ʼn uitspeelstryd met Rattanon Wannarichan van Thailand by die Tanah Merah-buiteklub.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.