Branden kry ruskans voor laaste aanslag

Branden Grace. Foto: Facebook

Branden Grace. Foto: Facebook

Suid-Afrika se Branden Grace het voor Sondag se laaste ronde van die Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub darem ruskans terwyl van die ander voorlopers nog hul derde rondes moet voltooi.

Donderdag se verlore tyd in die eerste ronde is nou bykans ingehaal, en heelwat kan nog gebeur ondanks die 5-onder-telling van die huidige voorloper Shane Lowry. Hy  moet egter nog vier putjies van die derde ronde speel.

Andrew Landry, wat twee houe agter hom is, moet ook nog vandag die derde ronde voltooi voordat hy die vierde as een van die voorlopers kan aanpak.

Trouens, Grace, tans sesde op 1-onder, is die enigste van die voorste nege wat reeds sy derde ronde agter die rug het.

Grace het gister 66 houe gespeel. Die vier houe wat hy teen syfer gewen het, het hom nou tussen die voorstes ingestoot.

Louis Oosthuizen en Charles Schwartzel, albei op plus-3, is nog nie uit die wedloop nie. Oosthuizen moet nog drie putjies in die derde ronde speel en het sy kanse skade aangedoen met die drie houe wat hy Saterdag afgestaan het.

Schwartzel het Saterdag 1-onder gespeel.

Jason Day (1-oor) en Jordan Spieth (4-oor) staan nie te sterk nie. Hulle was saam met Rory McIlroy die afslaan-gunstelinge. McIlroy het nie die afsnypunt oorleef nie.

Voorste tellings

Die voorste tellings ná die derde dag (posisie, naam, totaal, derde ronde putjies gespeel/voltooi):

1Shane Lowry-514
2Andrew Landry-313
G3Dustin Johnson-213
G3Sergio Garcia-214
G3Lee Westwood-215
6Branden Grace-1Voltooi
7Scott PiercyE13
G8Daniel Summerhays114
G8Zach Johnson117
G8Bryson DeChambeau1Voltooi
G8Jason Day1Voltooi
G12Gregory Bourdy214
G12Adam Scott217
G12Brendan Steele2Voltooi
G12Sung Kang2Voltooi
G12Derek Fathauer2Voltooi
G12Daniel Berger2Voltooi
G12Kevin Na2Voltooi
G12Jason Dufner2Voltooi
G12Kevin Streelman2Voltooi
G21Andy Sullivan314
G21Louis Oosthuizen315
G21Billy Horschel316
G21Harris English3Voltooi
G21Patrick Rodgers3Voltooi
G21Yusaku Miyazato3Voltooi
G21Rafael Cabrera-Bello3Voltooi
G21Charl Schwartzel3Voltooi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerd Lourens ·

Branden. Ek hou duimvas vir die laaste rondte. Daai baan is ‘n monster.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.