Drietal van SA skitter by Ope

Zander Lombard. Foto: AP Photo/Alastair Grant

Drie jong Suid-Afrikaners hou die land se naam hoog by die Britse Ope by Carnoustie.

Zander Lombard (23) en Erik van Rooyen (28) het Donderdag die gesamentlike tweede plek ingeneem met rondes van 67 (vier houe minder as baansyfer). Die Amerikaner Kevin Kismer (66) was in die eerste plek.

Brandon Stone (25) was met sy ronde van 68 in die gesamentlike vyfde plek. Stone het Sondag die Skotse Ope gewen en sodoende sy plek in die Britse Ope bespreek. Hy het met ʼn ronde van 60 (tien houe minder as baansyfer) net-net die Europese reeks se heel eerste 59 verbeur.

Tiger Woods. Foto: AP Photo/Jon Super

Louis Oosthuizen het ʼn ronde van 72 aangeteken, Ernie Els ʼn ronde van 73 terwyl Retief Goosen, Charl Schwartzel en Branden Grace almal rondes van 74 aangeteken het. Klik hier om regstreekse tellings te sien.

Tiger Woods, wat die Claret Jug al drie keer verower het, het ʼn ronde van 71 aangeteken.

Die Amerikaner Jordan Spieth het verlede jaar se Ope gewen. Die Britse Ope eindig Sondag met £1,42 miljoen (byna R25 miljoen) vir die wenner op die spel. Daar is £824 000 (sowat R14,5 miljoen) op die spel vir die tweede plek en £528 000 (sowat R9,3 miljoen) vir die derde plek.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.