Ernie trek ʼn grote nader vir SA Ope

 Rory McIlroy Foto: News Limited

Rory McIlroy Foto: News Limited

Sekerlik die opwindendste gholfnuus die afgelope paar jaar is dat Rory McIlroy in Januarie 2017 aan die BMW Suid-Afrikaanse Ope op die Glendowerbaan in Ekurhuleni gaan deelneem.

En wie moet ons bedank? Vir Ernie Els, wat ook die gasheer-speler van die toernooi is.

Els het in 2014 in die Ierse Ope gespeel wat deur die Rory McIlroy-stigting aangebied is, en het toe reeds voorbrand gemaak dat hy in die SA Ope moet kom speel.

Dit sal nie die Noord-Ier se eerste besoek aan die land of deelname aan die SA Ope wees nie. Kort na hy sy professionele loopbaan begin het, was hy vir ʼn paar weke hier om in die Dunhill-kampioenskap en die SA Ope te speel.

McIlroy het twee weke gelede die Tour-kampioenskap (en $8,85 miljoen) gewen en daarmee saam die gesogte FedEx-beker. Hy is tans derde op die wêreldranglys nadat hy in ʼn stadium vir 95 weke die nommer een was.

♦ Die verdedigende SA kampioen, Brandon Stone en die tweemalige wenner van die Amerikaanse Ope en ook die SA Ope-wenner in 1995 en 2005, Retief Goosen, sal ook speel. Die helfte van die spelers vir die toernooi is uit Europa en die res is spelers van die plaaslike Sonskynreeks.

♦ Die Suid-Afrikaanse Ope Is die tweede oudste nasionale ope-toernooi ter wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WERNER ·

Bly om te sien maroela media kan in die toekoms sien “en ook die SA Ope-wenner in 1995 en 2095” wonder net hoekom hy solank gevat het om hom weer te wen? En het hy homself gekloon die dat hy solank kan lewe? LOL Maroela kan julle vir my asb vanaand se “powerball” nommers stuur?

Landi Slatter ·

Dagsê WERNER,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die tikfout, die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.