Storm, slegs 251ste op die wêreldranglys, het vyf voëltjies behaal en nie ʼn enkele hou aan syfer afgestaan nie. Trouens, hy het oor die laaste 41 putjies nog nie ʼn enkele hou aan syfer afgestaan nie.
Storm sal Sondag met sy telling op -17 afslaan.
McIlroy se vyf voëltjies en ʼn arend is bederf toe hy op die negende en ook op die laaste putjie elk ʼn hou afgestaan het. McIlroy het in die tweede ronde ook ʼn hou op die 18de putjie laat val.
Jbé Kruger (-3 Saterdag) is saam met Jordan Smith (-4) in die derde plek, vier houe agter die voorloper.
Die beste ronde van die dag, gelyk aan die baanrekord, 63, het van Eduardo Molinari gekom. Die Italianer het nege voëltjies ingerol, vyf van hulle agtereenvolgens van die 11de tot die 15de putjies, en geen houe afgestaan nie.
Hy het met dié ronde van twee onder syfer tot nege onder gevorder en sal Sondag saam met vyf ander spelers in die vyfde plek afslaan, almal op 12 onder baansyfer vir die toernooi.
Ander Suid-Afrikaners wat steeds onder die voorste spelers is, is Dean Burmester en Jaco van Zyl op 12-onder in die vyfde plek en Thomas Aiken, Keith Horne en Trevor Fisher wat op -11 in die elfde plek is.
♦ Aangesien daar reën in die middag verwag word, sal die gholf vroeër begin.
Klik hier vir die tellings na die derde ronde: