Foutlose Storm steeds voor met Rory drie houe agter

Rory Mcllroy. Foto: Michael Sherman/ANA

Rory Mcllroy. Foto: Michael Sherman/ANA

Graeme Storm het Saterdag in die tweede ronde van die SA Ope-gholfkampioenskap op Glendower in Edenvale ʼn telling van 67 aangeteken en is drie houe voor Rory McIlroy wat in die tweede plek is nadat hy ook 67 in die derde ronde op sy telkaart ingevul het.

Storm, slegs 251ste op die wêreldranglys, het vyf voëltjies behaal en nie ʼn enkele hou aan syfer afgestaan nie. Trouens, hy het oor die laaste 41 putjies nog nie ʼn enkele hou aan syfer afgestaan nie.

Storm sal Sondag met sy telling op -17 afslaan.

McIlroy se vyf voëltjies en ʼn arend is bederf toe hy op die negende en ook op die laaste putjie elk ʼn hou afgestaan het. McIlroy het in die tweede ronde ook ʼn hou op die 18de putjie laat val.

Jbé Kruger (-3 Saterdag)  is saam met Jordan Smith (-4) in die derde plek, vier houe agter die voorloper.

Die beste ronde van die dag, gelyk aan die baanrekord, 63, het van Eduardo Molinari gekom. Die Italianer het nege voëltjies ingerol, vyf van hulle agtereenvolgens van die 11de tot die 15de putjies, en geen houe afgestaan nie.

Hy het met dié ronde van twee onder syfer tot nege onder gevorder en sal Sondag saam met vyf ander spelers in die vyfde plek afslaan, almal op 12 onder baansyfer vir die toernooi.

Ander Suid-Afrikaners wat steeds onder die voorste spelers is, is Dean Burmester en Jaco van Zyl op 12-onder in die vyfde plek en Thomas Aiken, Keith Horne en Trevor Fisher wat op -11 in die elfde plek is.

♦  Aangesien daar reën in die middag verwag word, sal die gholf vroeër begin.

Klik hier vir die tellings na die derde ronde:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.