Gholf: Bekker bo by Fancourt

Oliver Bekker. (Foto: Ross Kinnaird/Getty images/AFP)

Oliver Bekker het Sondag sy agtste oorwinning in die Sonskynreeks gevier nadat hy die Dimension Data Pro-Am op Fancourt ʼn tweede keer gewen het.

Bekker, wat sy eerste toernooi in die Sonskynreeks in 2011 gewen het, was ook in 2012 in die Dimension Data Pro Am baas.

Hy het Sondag se laaste ronde in 68 houe voltooi en het op 267 houe (-22) geëindig.

Sy totaal was vier houe beter as dié van Adam Blomme van Swede (271, -18), met Hennie O’Kennedy van Suid-Afrika en Chris Paisley van Engeland saam derde op 273 (-16).

Suid-Afrika se Brandon Stone het op 274 houe (-15) vyfde geëindig.

Die toernooi het ʼn totale prysgeld van R7.3 miljoen gehad.

* In Oman het Takumi Kanaya van Japan die Internasionale toernooi van Oman, wat deel is van die Asiese reeks, met vier houe gewen.

Kanaya het op 278 houe (-10) geëindig met Amerika se Berry Henson en Sadoim Kaewkanjana van Maleisië saam tweede op 282 (-6) en Steve Lenton van Engeland derde (283, -5).

Suid-Afrika se Branden Grace (291, +3) was saam 30ste en Hennie du Plessis (293, +5) saam 43ste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.