Gholf: Bryson slaan bal nie die verste nie

Bryson DeChambeau van die VSA in aksie. (Foto: Andrew Redington/Getty Images/AFP)

Bryson DeChambeau was die groot trekpleister by die wêreldkampioenskap vir die verste slaner in Las Vegas, maar hy moes toe met ʼn sewende plek tevrede wees.

Dit was die eerste keer dat die grootbek-Amerikaner aan die kampioenskap deelgeneem het, maar hy het reeds aangedui hy gaan weer deelneem.

Die wenner van die kompetisie, Kyle Berkshire, het in die eindronde die bal 422 treë (385,9 m) geslaan. DeChambeau se beste poging was 391 treë (357,5 m). Berkshire is DeChambeau se verslaan-mentor.

Volgens DeChambeau kan die verslaan-kampioenskap nog groter en beter wees en hy hoop dit pas by sy skedule in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.