Gholf: Cantlay, en die Korda-susters, veg pad oop

Patrick Cantlay (Foto: GolfBlog.com, Twitter)

As julle dit wil hê, moet julle eers verby my moet kom.

Dit is na alle waarskynlikheid wat die Amerikaanse gholfspeler Patrick Cantlay ná die derde ronde van die BMW-toernooi (Amerikaanse PGA-reeks) gedink het toe hy sy telkaart in Wilmington in Delaware ingehandig het.

Cantlay, die wêreld se vyfde beste speler en verdedigende kampioen, is op koers om die eerste speler te word wat opeenvolgens boaan die FedExbeker-ranglys eindig.

Cantlay, wat twee houe agter Adam Scott van Australi ë afgeslaan het, het op die eerste putjie ‘n vo ël tjiesethou van 43 voet ingerol. Hy het vyf ander vo ë ltjies asook ‘n arend in sy ronde van 65 houe aangeteken en is op 201, 12 houe onder die baansyfer.

Zander Schauffele en sy Amerikaanse landgenoot Scott Stallings, is net een hou agter Cantlay op 202 (-11).

Scott is ‘n verdere hou terug op 203 (-10 ) saam met Scottie Scheffler, wat voor verlede week nog eerste op die w ê reldrangys was, maar toe deur Will Zalatoris verbygesteek is. Die Noord-Ier Rory McIlroy is saam met ‘n paar ander spelers op 206 (-7).

Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout, is op 207 (-6) en het steeds ‘n buitekans om tussen die top30-spelers op die FedEx-ranglys te eindig om in die geldryke Toerkampioenskap te speel.

* In die Aramco-toernooi vir vroue wat in Sotogrande in Spanje beslis is, het die twee Korda-susters oorheers.

Nelly Korda was ná haar 61 houe voor ná die eerste ronde en het met ‘n voorsprong van ses houe in die derde en laaste ronde afgeslaan.

Maar sy het 77 houe aangeteken en is deur haar ouer suster Jessica, wat derde op die w ê reldranglys is en sewe houe agter was, ingehaal.

Nelly, wat 67 houe in die laaste ronde aangeteken het, het op 203 houe ge ë indig, wat 13 houe onder die baansyfer is.

Sy het drie houe voor Jessica asook Pauline Roussin (Frankryk) en Ana Peleaz Trevino (Spanje) op 206 (-10) ge ë indig.

Suid-Afrika se Lee-Anne Pace het 13de ge ë indig op 211 (-5).

* Die Tsjeggiese Meesters vir mans wat op die Albatros-baan in Praag beslis word, sal tot 54 putjies verkort word nadat Saterdag se derde ronde vanwe ë swak weer nie kon plaasvind nie.

Die Maleisi ë r Gavin Green (130, -14) is voor, gevolg deur Richard Mansell (Engeland), Marcel Schneider (Duitsland) en Thomas Pieters (Belgi ë ) saam tweede op 133 (-11) met Suid-Afrika se Louis de Jager saam vyfde op 134 (-10).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.