Gholf: Frittelli loop saam voor in Texas

Dylan Frittelli (Foto: Carmen Mandato/Getty Images/AFP)

Die Suid-Afrikaner Dylan Frittelli (-10) loop saam met drie ander spelers voor by die Texas-Ope.

Hy was na die tweede ronde twee houe agter die voorloper, Ryan Palmer van die VSA. Frittelli het sy derde ronde in 70 houe voltooi, twee houe beter as baansyfer. Hy het drie voëltjies en ʼn brouhou op sy telkaart ingevul.

Die drie ander spelers wat saam met Frittelli voorloop, is die Brandt Snedeker, Beau Hossler en JJ Spaun. Nog ʼn Amerikaner, Scott Stallings, is een hou agter die voorlopers met nog ʼn Amerikaner, Matt Kuchar, twee houe agter.

Die toernooi is die ideale voorbereiding vir die Amerikaanse Meesters-toernooi wat Donderdag op Augusta National begin.

Op die plaaslike Sonskyn-reeks het die Pool Mateusz Gradecki (-19) die Limpopo-kampioenskap by die Euphoria-gholflandgoed met drie houe gewen. Hy het die laaste ronde in 66 houe voltooi. Dit is ses houe beter as die baansyfer en het twee arende ingesluit.

Die Suid-Afrikaner Hennie du Plessis (-16) was tweede en die Duitser Nick Bachem (-15) in die derde plek.

Die groot gholfnuus uit die VSA is dat Tiger Woods op pad is Augusta toe vir die Amerikaanse Meesters. Hy het getwiet hy is op pad en sal daar voorberei en dan besluit of hy aan die toernooi gaan deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.