Gholf: Krummels vir SA se voorste spelers

Die suid-Afrikaanse gholfspeler Dylan Frittelli. (Foto: Darren Carroll / GETTY IMAGES )

Dit gebeur nie aldag nie dat nie een Suid-Afrikaanse gholfspeler se naam tussen die voorste spelers ná die derde ronde van ʼn Amerikaanse PGA-toernooi verskyn nie.

Dit was helaas die geval ná die derde ronde van die Charles Schwab-toernooi wat by Forth North in Texas gespeel word.

Dylan Frittelli en Branden Grace het wel afgeslaan, maar kon nie die afsnypunt haal nie.

Die Amerikaner Jordan Spieth (195, -15) is een hou voor sy landgenoot Jason Kokrak, met Spanje se Sergio Garcia derde op 200. Sebastián Muñoz van Colombia en Ian Poulter van Engeland is op 202.

* In Farsø, Denemarke, slaan die Oostenryker Bernd Wiesberger (199, -14) as voorloper af in Sondag se laaste ronde van die Himmerland-toernooi (Europese reeks). Hy is een hou voor Alexander Björk van Swede, gevolg deur die Engelsman Laurie Canter (202).

Haydn Porteous (209) is 42ste gevolg deur Brandon Stone (212) en die onbekende Mathiam Keyser (214).

* In Italië slaan Lejan Lewthwaite, wat op St. Dominic’s (Boksburg) op skool was, in die derde plek af in die Italiaanse Ope vir vroue.

Die Franse speler Lucie Malchirand (137) is voor ná die eerste twee rondes, gevolg deur Gabriella Cowley (England) op 138 en Lewthwaite (139).

Nog ʼn Suid-Afrikaner, Casandra Hall (142), is verder terug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.