Gholf: Op die bof vir die laaste Major van die jaar

Dustin Johnson. Foto: AP Photo/David Dermer

Die Meesterskampioen vir 2018 is Patrick Reed. Die Amerikaanse Ope is gewen deur Brooks Koepka en die Britse Ope-kampioen is Francesco Molinari.

Die vraag is nou wie gaan die vierde Major, die Amerikaanse PGA-kampioenskap, wen? Die 4de Major van die jaar, die 100ste Amerikaanse PGA-kampioenskap, begin Donderdag 9 Augustus op die Bellerive Buiteklub in St. Louis, Missouri. Dit sal die derde keer wees dat daar ʼn groot toernooi op die baan gespeel word. Ses Suid-Afrikaners sal in aksie wees.

Natuurlik is die jongste gholfranglys ʼn goeie aanduiding oor wie dopgehou moet word. Alhoewel Dustin Johnson nommer een is, was dit Justin Thomas wat tweede op die ranglys is, wat die afgelope tyd vuurwarm gholf gespeel het. Die pas afgelope naweek het Thomas die Bridgestone Uitnodigingstoernooi in Akron, Ohio, met vier houe gewen. Johnson was vyf houe verder terug in die gesamentlike derde plek. Terloops, Johnson jaag sy tweede Major-titel.

Justin Thomas. Foto: AP Photo/David Dermer

Twee spelers wat ook uitstaande mylpale in die oog het, is Tiger Woods en Jordan Spieth. Woods gaan poog om sy 15de Major te wen terwyl Jordan Spieth gaan probeer om slegs die sesde speler ooit te word om al vier Majors te wen. (Die Meesters, Amerikaanse- en Britse Ope asook die PGA). Die vyf spelers wat dit al kon vermag het, was Jack Nicklaus, Tiger Woods, Gene Sarazen, Ben Hogan en Suid-Afrika se eie Gary Player.

Die uitstaande groepering vir die eerste twee rondes is die voormalige nommer een in die wêreld, Tiger Woods, wat saam met Rory McIlroy en die verdedigende kampioen, Justin Thomas, sal speel.

Die toernooi begin Donderdag 9 Augustus en eindig op Sondag 12 Augustus en 156 spelers sal sake uitspook. Die ses Suid-Afrikaners in die veld is Louis Oosthuizen, Branden Grace, Brandon Stone, Dylan Frittelli, Justin Harding en Charl Schwartzel.

Afslaantye vir die eerste ronde:

Dylan Frittelli. Foto: AP Photo/Wilfredo Lee

1ste Bof

13:50 – Michael Block (VSA), Eddie Pepperell (ENG), Ryan Fox (NZL)

14:01 – Austin Cook (VSA), Craig Hocknull (VSA), Alexander Bjork (SWE)

14:12 – Yusaku Miyazato (JPN), Bob Sowards (VSA), Scott Brown (VSA)

14:23 – Rafa Cabrera Bello (ESP), Thomas Bjorn (DEN), James Hahn (VSA)

14:34 – Billy Horschel (VSA), ‘n Byeong-hun (KOR), Shane Lowry (IRL)

14:45 – Brian Harman (VSA), Yuta Ikeda (JPN), Adam Hadwin (CAN)

14:56 – Padraig Harrington (IRL), Jimmy Walker (VSA), Vijay Singh (FIJ)

15:07 – Bryson DeChambeau (VSA), Andy Sullivan (ENG), Kiradech Aphibarnrat (THA)

15:18 – Ryan Armor (VSA), Cameron Smith (AUS), Peter Uihlein (VSA)

15:29 – Paul Dunne (IRL), JB Holmes (VSA), DYLAN FRITTELLI (RSA)

15:40 – Charles Howell (VSA), Jason Schmuhl (VSA), Brian Gay (VSA)

15:51 – David Muttitt (VSA), Ollie Schniederjans (VSA), Troy Merritt (VSA)

16:02 – Shawn Warren (VSA), Mikko Korhonen (FIN), JJ Spaun (VSA)

Brandon Stone. Foto: Kenny Smith/PA via AP

19:20 – Johan Kok (VSA), BRANDON STONE (RSA), Kim Whee (KOR)

19:31 – Matthew Wallace (ENG), Matt Dobyns (VSA), Beau Hossler (VSA)

19:42 – Chris Wood (ENG), Alex Noren (SWE), Matt Kuchar (VSA)

19:53 – Dustin Johnson (VSA), Bubba Watson (VSA), Adam Scott (AUS)

20:04 – Tommy Fleetwood (ENG), Satoshi Kodaira (JPN), Marc Leishman (AUS)

20:15 – Patrick Reed (VSA), Brooks Koepka (VSA), Francesco Molinari (ITA)

20:26 – Gary Woodland (VSA), Sergio Garcia (ESP), Kevin Kisner (VSA)

20:37 – Jordan Spieth (VSA), Jon Rahm (ESP), Justin Rose (ENG)

20:48 – Aaron Wise (VSA), Paul Casey (ENG), Zach Johnson (VSA)

20:59 – LOUIS OOSTHUIZEN (RSA), Thomas Pieters (BEL), Bill Haas (VSA)

21:10 – Jason Kokrak (VSA), Joaquin Niemann (CHI), Daniel Berger (VSA)

21:21 – Omar Uresti (VSA), JUSTIN HARDING (RSA), Andrew Landy (VSA)

21:32 – Matt Borchert (VSA), Chris Stroud (VSA), Andrew Putnam (VSA)

10de Bof

Branden Grace. Foto: AP Photo/Stephen B. Morton

13:55 – Jamie Lovemark (VSA), Rich Berberian (VSA), Shugo Imahira (JPN)

14:06 – Brandt Snedeker (VSA), Sean McCarty (VSA), Li Haotong (CHN)

14:17 – Jim Furyk (VSA), Tony Finau (VSA), Xander Schauffele (VSA)

14:28 – Davis Love (VSA), Martin Kaymer (GER), Rich Beem (VSA)

14:39 – Rickie Fowler (VSA), Hideki Matsuyama (JPN), Ian Poulter (ENG)

14:50 – Henrik Stenson (SWE), Danny Willett (ENG), Pat Perez (VSA)

15:01 – Phil Mickelson (VSA), Jason Day (AUS), Keegan Bradley (VSA)

15:12 – Shubhankar Sharma (IND), Jordan Smith (ENG), Scott Piercy (VSA)

15:23 – Justin Thomas (VSA), Rory McIlroy (NIR), Tiger Woods (VSA)

15:34 – Matthew Fitzpatrick (ENG), Webb Simpson (VSA), Jonhattan Vegas (VEN)

15:45 – Stewart Cink (VSA), BRANDEN GRACE (RSA), Ryan Moore (VSA)

15:56 – Ross Fisher (ENG), Alexander Levy (FRA), Patton Kizzire (VSA)

16:07 – Julian Suri (VSA), Im Sung-jae (KOR), Craig Bowden (VSA)

Charl Schwartzel. Foto: Michael Sherman/ANA

19:15 – Danny Balin (VSA), Chesson Hadley (VSA), Russell Henley (VSA)

19:26 – Marty Jertson (VSA), Luke List (VSA), Kevin Chappell (VSA)

19:37 – Jaysen Hansen (VSA), Nick Watney (VSA), Kyle Stanley (VSA)

19:48 – Ted Potter (VSA), Emiliano Grillo (ARG), Jorge Campillo (ESP)

19:59 – Ryan Vermeer (VSA), Paul Broadhurst (ENG), John Daly (VSA)

20:10 – Kim Si-woo (KOR), Brice Garnett (VSA), Tyrrell Hatton (ENG)

20:21 – Yang Yong-Eun (KOR), Jason Dufner (VSA), Shaun Micheel (VSA)

20:32 – Thorbjorn Olesen (DEN), CHARL SCHWARTZEL (RSA), Patrick Cantlay (VSA)

20:43 – Brendan Steele (VSA), Adrian Otaegui (ESP), Kevin Na (VSA)

20:54 – Chez Reavie (VSA), Charley Hoffman (VSA), Russell Knox (SCO)

21:05 – Zach J. Johnson (VSA), Michael Kim (VSA), Seungsu Han (VSA)

21:16 – Brian Smock (VSA), Anirban Lahiri (IND), Mike Lorenzo-Vera (FRA)

21:27 – Ben Kern (VSA), Chris Kirk (VSA), Ryuko Tokimatsu (JPN)

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.