Gholf: Ryderbeker-koors vier hooggety

Tiger Woods. AP Photo/John Amis

Alle oë is dié week op die 2018-Ryderbeker gerig wanneer die spanne van Europa en Amerika mekaar in Frankryk pak. Dit sal die 42ste keer wees dat die toernooi gespeel word.

Die VSA is die huidige houers van die troefee. Dié toernooi word net elke twee jaar gespeel. Die VSA kon egter in 25 jaar nog nie dié titel in Europa wen nie.

Die openingseremonie word Donderdag op die Le Golf National in Frankryk gehou en die eerste wedstryde word Vrydag beslis.

Noem die groot spelers in wêreld-gholf en byna almal is in Amerika of Europa se span. Vir die eerste keer sal al 10 die voorste spelers op die wêreldranglys in aksie wees. Elkeen van die twee spanne bestaan uit 12 spelers.

Een van die redes vir die Amerikaners se opgewondenheid is die feit dat Tiger Woods weer terug is in die prentjie. Woods het Sondag die Spelerskampioenskap in Atlanta gewen (sy eerste toernooi in 5 jaar) en daar was massas toeskouers soos wat lanklaas op ʼn gholfbaan gesien is.

Volgens die kaptein van die VSA, Jim Furyk, het ses van sy spelers al op die baan in Frankryk (Le Golf National) gespeel. Die hoogste speler op die wêreldranglys onder die Amerikaners, is Phil Mickelson wat 25ste is.

Die kaptein van Europa, Thomas Bjorn, sit met vyf nuwelinge in sy Ryderbeker-span. Hy het ook ʼn paar gevestigde spelers ingesluit wat nog nie dié jaar besonders goed gepresteer het nie. Mens dink byvoorbeeld aan Hendrik Stenson.

Die formaat van die kompetisie lyk só:

  • Vrydag word daar 4 beurtspel-wedstryde en dan 4 beterbal-wedstryde (met twee spelers van elke span per wedstryd) afgehandel.
  • Saterdag word dieselfde formaat as Vrydag s’n herhaal.
  • Sondag word daar 12 individuele kragmetings afgehandel.

Die totale aantal wedstryde is dus 28. Die eerste span wat 14,5 wedstryde wen, sal as die wenner gekroon word.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wilma ·

Help my reg asb. In die opskrif kom die woord “hooggety” voor – moet dit nie dalk net “hoogty” wees nie? Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.