Gholf: Tiger is terug terwyl Justin die Fedex-beker wen

Tiger Woods (Foto: TigerWoods.com)

Die Amerikaanse Gholfreeks se 2018-seisoen het die naweek met die Spelerskampioenskap ten einde geloop. Die toernooi is op die East Lake baan in Atlanta gespeel waar die voorste 30 spelers in die Fedex-beker mekaar die stryd aangesê het.

Die toernooi is deur Tiger Woods gewen nadat hy op -11 geëindig het. Dit was Tiger se eerste toernooi-oorwinning in vyf jaar nadat hy onder meer ʼn rugoperasie deurgemaak het. Tiger het 71 houe in sy laaste ronde gespeel.

Finale voorlopersbord:
1 Tiger Woods -11
2 Billy Horschel – 9
3 Dustin Johnson -7
4 Hideki Matsuyama -6
Webb Simpson -6
Justin Rose -6
21 Bryson DeChambeau -1

Die Fedex-beker se pryspot van R150 miljoen is deur Justin Rose gewen. Rose moes op die laaste putjie ʼn voëltjie aanteken om as die seisoen se kampioen gekroon te word. Tiger Woods was tweede. Bryson DeChambeau, wat die voorloper in die Fedex-beker was met die aanvang van die toernooi, kon net op -1 eindig wat hom in die derde plek geplaas het.

Fedex-beker se finale puntestand:
1 Justin Rose 2 260
2 Tiger Woods 2 219
3 Bryson DeChambeau 2 188
4 Dustin Johnson 2 056
5 Billy Horschel 1 840

Twintig van die dertig spelers in die toernooi was Amerikaners. Al dertig spelers in die toernooi kry outomatiese toegang tot aanstaande jaar se Meesters-, VSA Ope- asook die Britse Ope-kampioenskap.

Hierdie week val die kollig op die Ryderbeker wat tussen die spanne van Europa en Amerika in Frankryk gespeel word.

Meer inligting is hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Fantastiese golf die jaar! Great om Tiger weer te sien wen, dié gaan n baie lekker Ryder Cup wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.