Gholf: Wie dra die groen baadjie vanjaar?

Justin Rose tydens die Valspar-kampioenskap in Palm Harbor, Florida (10 Maart 2018). Foto: AP Photo/Mike Carlson

Die eerste groot gholftoernooi van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin op 4 April op Augusta in Georgia met die syfer drie- kompetisie wat gespeel word. Nog geen wenner van die syfer drie- titel kon nog die hooftoernooi wen nie.

 Die hooftoernooi begin Donderdag (5 April) wanneer die wêreld se 87 voorste spelers skouers gaan skuur om te sien wie kry daardie gesogte groen baadjie.

Tiger Woods is weer een van die groot trekpleisters, maar ʼn mens wonder of hy vir die laaste rondes gaan kwalifiseer. Woods het maar onlangs eers ʼn bietjie van sy ou staal kon toon wat aan hom reeds vier groen baadjies besorg het. Die spelers wat op hul stukke is, is Justin Thomas, Justin Rose en Rory McIlroy. Jordan Spieth kan ook op enige dag ʼn skitterronde aanmekaarslaan.

Net drie Suid-Afrikaners kon nog die groen baadjie aantrek. Trevor Immelman in 2008, Charl Schwartzel in 2011 en Gary Player het die toernooi drie keer tussen 1961 en 1978 gewen.

Daar is net 87 spelers in vanjaar se veld – die kleinste sedert 1997. Vyf Suid-Afrikaners sal hul stokke vanjaar op Augusta swaai: Dylan Frittelli, Branden Grace, Trevor Immelman, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.