Gholfspelers swaai hul stokke die lekkerste hiér

Die Links-baan op Fancourt. Foto: Verskaf.

Die golfscape-span het die top-100-gholfbane van oor die hele wêreld aangewys. En hoewel Suid-Afrikaanse bane dalk nie die geskiedenis van ’n St. Andrew’s of dalk noodwendig die natuurskoon van ’n Royal County Down in Ierland het nie, kan hulle beslis met van die beste bane ter wêreld saamgesels.

Hier is Suid-Afrika se voorste bane:

  • The Links-baan op Fancourt (19de ter wêreld):

Die legendariese Gary Player voel dat dié baan in George die kroonjuweel van sy ontwerppogings is. Met

Leopard Creek naby die Nasionale Krugerwildtuin. Foto: Verskaf.

sy kenmerkende sandduine is die Links die handewerk van Player, Phil Jacobs en dr. Hasso Plattner.

  • Leopard Creek-buiteklub (26ste ter wêreld):

Nóg ’n baan wat deur Player ontwerp is. Leopard Creek is so te sê by die Nasionale Krugerwildtuin en op die oewer van die Krokodilrivier. Volgens golfscape is die 13de putjie veral iets om oor huis toe te skryf met sy ongelooflike uitsig oor die rivier en die veld.

  • Royal Johannesburg & Kensington (28ste ter wêreld):

Dié baan het reeds nege keer gasheer vir die Suid-Afrikaanse Ope gespeel. Die oostelike baan word as Afrika se beste baan vir die afgelope twee jaar beskou.

  • Die top-10-gholfbane ter wêreld:
  1. Royal Dornoch in Skotland
  2. Royal County Down in Noord-Ierland
  3. Royal Melbourne in Australië
  4. Pebble Beach in die VSA
  5. Cabot Cliffs in Kanada
  6. Andrew’s in Skotland
  7. Pacific Dunes in die VSA
  8. Kingston Heath in Australië
  9. Ballybunion in Ierland
  10. New South Wales in Australië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.