Bronkhorstspruit Gholfklub is die plek wat elke gholfspeler die volgende twee maande moet besoek. Die baan is tans in ʼn uitstekende toestand ná die onlangse reën.
Die gholfklub vier sy 43ste verjaardag en dit is lekkerder as ooit om daar te kuier. As jy nie deur die loop van die week by die gholfbaan kan uitkom nie, is dit goed om te weet dat die gholfbaan die volgende twee maande ʼn miernes van bedrywighede sal wees. Die gereelde kompetisies wat plaasvind is:
1 Desember 2019 – Birdie Seekers-groep (7 X 4 BALLE) (slaan af om 07:35)
4 Desember 2019 – Spar Order of Merit – Finale
5 Desember 2019 – Kusile-funksie om 18:00
6 Desember 2019 – Sundowner – Finale
7 Desember 2019 – Klubmedalje
Frans Lubbe-groep (5 x 4 balle) – slaan af om 08:17
10 Desember 2019 – Sages / 70 spelers / Shotgun begin om 07:00
11 Desember 2019 – Rooi Woensdag/IPS (almal speel van die rooi bowwe af)
14 Desember 2019 – Klub Beter Bal
18 Desember 2019 – Klub IPS
21 Desember 2019 – Klub IPS
24 Desember 2019 – Slegs oggendveld / laaste afslaantyd om 08:20 (klub sluit 12:00)
25 Desember 2019 – Klub gesluit
27 Desember 2019 – Clover Hill Gholfdag (10 x 4 balle); Shotgun om 08:00
28 Desember 2019 – Klub IPS
31 Desember 2019 – Slegs oggendveld / laaste afslaantyd om 08:20 (klub sluit 12:00)
1 Januarie 2020 – Klub gesluit
Vir die volgende paar maande is daar vir elke gholfspeler in Suid-Afrika nou ʼn geleentheid om ʼn lid van ʼn gholfklub te word en met ʼn amptelike voorgee te spog tydens enige gholfkompetisie. Enige gholfspeler kan dus nou met hartelus gaan gholf speel by enige baan in Suid-Afrika.
Hierdie jaarlange lidmaatskap kos slegs R2 000,00. Dit sluit ʼn SAGA-kaart asook ʼn amptelike voorgee in! Die lekkerte van die aanbod is dat lede elke derde rondte gholf gratis kry. Min gholfbane is só vrygewig!
Hierdie 18 putjie-gholfbaan, wat reeds 43 jaar oud is, is bekend vir sy vriendelike lede en uitstekende fasiliteite. Hier is 30 gholfkarretjies en volledige oefenfasiliteite met ʼn dryfbaan en setperk. Bronkhorstspruit Gholfklub spog ook met ʼn halfweghuis en natuurlik ʼn volle gelisensieerde klubhuis met ʼn kroeg om na die tyd ʼn drankie te geniet.
Moenie langer wag nie, skakel nou (013) 932-3940 of besoek die klub se webwerf: http://bhsgolf.co.za
- Bronkhorstspruit Gholfklub (foto verskaf)