Nienaber storm deur veld in Spanje

Wilco Nienaber (Foto: Sunshine Tour/Facebook)

Die 21-jarige Wilco Nienaber (-16) het die beste rondte van die dag gespeel om in die gesamentlike sesde plek te eindig by die Spaanse Ope. Hy het sewe voëltjies aangeteken en geen brouhoue nie om die laaste rondte in 64 houe te voltooi.

Die Spanjaarde Adri Arnaus en Rafa Cabrera Bello was na die 72ste putjie saam voor op negentien houe onder die baansyfer. Dit was die eerste keer sedert 1972 wat twee Spaanse spelers saam in ʼn uitspeelstryd gewikkel was.

Op die eerste uitspeelputjie net Arnaus se dryfhou die pad byster geraak en hy kon sy tweede hou nie naby genoeg aan die putjie slaan nie. Cabrera Bello was in ʼn beter posisie op die setperk en hy het sy sethou ingeslaan om die titel te wen.

George Coetzee (-11) het in die gesamentlike 24ste plek klaargemaak.

By die Shriners Children’s Open op die Amerikaanse PGA-toer is Louis Oosthuizen saam met oud-Suid-Afrikaner Rory Sabbatini in die gesamentlike tiende plek na die derde rondte. Hulle is ses houe agter die voorloper, die Amerikaner Adam Schenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.