Omstredenheid, maar Johnson wen Ope op ʼn drafstap

Dustin Johnson se gelukkige Vadersdag (Foto Facebook)

Foto: facebook.com

ʼn Omstrede beslissing van die Amerikaanse Ope se organiseerders het tot kwaai kritiek van spelers gelei en gedreig om die aandag van Dustin Johnson se puik oorwinning en eerste Ope-titel af te trek.

Johnson het Sondag met 1-oor van derde plek af gekom om die titel te wen. Op die vyfde putjie het sy bal egter op die setperk beweeg voordat hy die sethou gespeel het.

Hy het ʼn skeidsregter om ʼn beslissing gevra en is aangesê dat alles in orde is net om later te hoor dat hy dalk met ʼn hou gepenaliseer kon word.

Hy het twee uur lank met die wete gespeel en was dus nooit seker hoe ver hy voor was nie.

Dit strafhou is toe wel na voltooiing van die ronde bevestig, maar Johnson was nietemin daarná steeds drie houe voor om as kampioen aangewys te word.

Twee van die gunstelinge, Rory McIlroy en Jordan Spieth, wat albei lelik in die toernooi uitgesak het, het toe op die sosiale media losgetrek oor die onregverdige en onnodige spanning wat dit op Johnson moes geplaas het. McIlroy het die optrede en beslissing as ʼn “klug” bestempel.

Suid-Afrika se Branden Grace het 1-oor gespeel en daarmee die gesamentlike vyfde plek ingeneem.

Die voorloper met die aanvang van die laaste ronde, Shane Lowry, het met 6-oor in die laaste ronde die gesamentlike tweede plek ingeneem.

Die man wat vroeg-vroeg in die toernooi die aandag getrek het en na twee rondes nog voor was, Andrew Landy, het van derde plek met die aanvang af met ʼn liederlike 8-oor in die laaste ronde die gesamentlike 15de plek ingeneem.

Louis Oosthuizen en Charles Schwartzel het albei gesamentlik 23ste plek ingeneem na ʼn finale ronde van onderskeidelik 3-oor en 4-oor.

Die voorste tellings –

1Dustin Johnson67697169276
G2Jim Furyk71687466279
G2Scott Piercy68707269279
G2Shane Lowry68706576279
G5Sergio Garcia68707270280
G5Branden Grace73706671280
7Kevin Na75686969281
G8Jason Dufner73716870282
G8Zach Johnson71697171282
G8Jason Day76696671282
G8Daniel Summerhays74656974282
12David Lingmerth72697567283
G13Brooks Koepka75697268284
G13Kevin Streelman69746972284
G15Brendan Steele71717073285
G15Bryson DeChambeau71707074285
G15Andrew Landry66717078285
G18Marc Leishman71697769286
G18Graeme McDowell72717172286
G18Gregory Bourdy71677573286
G18Adam Scott71697274286
G18Sung Kang70727074286
G23Jon Rahm (a)76697270287
G23Byeong Hun An74707370287
G23Chris Wood75707171287
G23Andy Sullivan71687573287
G23Louis Oosthuizen75657473287
G23Russell Knox70717373287
G23Yusaku Miyazato73697174287
G23Charl Schwartzel76686974287
G23Derek Gathauer73697075287

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johann cb ·

Geluk aan Dustin! Die Ope is onder moeilike omstadighede gespeel. Knap gedaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.