Oosthuizen slaan saam met Koepka af

Louis Oosthuizen in aksie in die PGA (Foto Louis Oosthuizen Facebook)

Suid-Afrika se Louis 0osthuizen is saam met die wêreld se voorste gholfspeler, Amerika se Brooks Koepka, gegroepeer vir die eerste ronde van die Britse Ope wat Donderdag by die Royal Portrush-baan in Noord-Ierland begin.

Oosthuizen sal poog om die eerste Suid-Afrikaner te word om die Ope te verower, sedert Ernie Els met die silwerware in 2012 by die Royal Lytham en St Annes-baan weggestap het.

Die 36-jarige het reeds een Ope-titel agter sy naam toe hy op St Andrews in 2010 gewen het.

Sy medelandsburger, Dylan Frittelli, was die laaste speler om vir die toernooi te kwalifiseer toe hy die John Deere Classic die afgelope Sondag gewen het. Dit was sy eerste sege tydens die PGA-toer.

Altesaam 11 Suid-Afrikaners sal van môre in Noord-Ierland in aksie wees.

  • Môre se afslaantye (SA tyd):

07:57 – Andy Sullivan (Engeland), Christiaan Bezuidenhout (Suid-Afrika), Alexander Levy (Frankryk)

08:08 – Chan Kim (Amerika), Zander Lombard (Suid-Afrika), Brandon Wu (Amerikaanse amateur)

08:19 – Richard Sterne (Suid-Afrika), Romain Langasque (Frankryk), Matthias Schmid (Duitse amateur)

08:52 – Phil Mickelson (Amerika), Shane Lowry (Ierland), Branden Grace (Suid-Afrika)

09:25 – Ryan Palmer (Amerika), Andrea Pavan (Italië), Dylan Frittelli (Suid-Afrika)

13:20 – Erik van Rooyen (Suid-Afrika), Kurt Kitayama (Amerika), Jake McLeod (Australië)

13:31 – Ryan Fox (Nieu-Seeland), Shaun Norris (Suid-Afrika), Dongkyu Jang (Suid-Korea)

14:04 – Brooks Koepka (Amerika), Louis Oosthuizen (Suid-Afrika), Shubhankar Sharma (Indië)

14:48 – Paul Lawrie (Skotland), Chez Reavie (Amerika), Justin Harding (Suid-Afrika)

15:04 – Takumi Kanaya (Japannese amateur), Tom Lewis (Engeland), Brandon Stone (Suid-Afrika)

15:26 – Ernie Els (Suid-Afrika), JB Holmes (Amerika), Abraham Ancer (Meksiko)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.