Patrick Reed wen Augusta se Groen Baadjie 

Argieffoto

Die eerste “major” van die jaar, die Amerikaanse Meesters, is op Augusta in Georgia in die VSA afgehandel en die groen baadjie is vir die eerste keer deur Patrick Reed verower.

Reed het die dag met ʼn drie houe voorsprong begin en het uiteindelik met net een hou oor Rickie Fowler geseëvier. Reed het ʼn finale ronde van 71 gespeel om op 273 te eindig wat -15 vir die toernooi is. Rickie Fowler was alleen tweede op -14 na ʼn briljante 65 in die laaste ronde. Jordan Spieth het die derde plek ingeneem op -13. Rory Mcllroy, wat die dag in die tweede plek begin het, het gesamentlik vyfde geëindig op -9 na ʼn 74 in die laaste ronde.

Louis Oosthuizen van Suid-Afrika was gesamentlik twaalfde op -6. Die enigste ander Suid-Afrikaner wat vir die laaste twee rondes gekwalifiseer het, Branden Grace, het op -1 geëindig. Tiger Woods was op +1.

PosSpelerTel PutDagRnd1Rnd2Rnd3Rnd4Tot
1Patrick Reed-15F-169666771273
2Rickie Fowler-14F-570726567274
3Jordan Spieth-13F-866747164275
4Jon Rahm-11F-375686569277
5Cameron Smith-9F-671727066279
Bubba Watson-9F-373696869279
Henrik Stenson-9F-269707070279
Rory McIlroy-9F+269716574279
12Louis Oosthuizen-6F-371717169282
24Branden Grace-1F-573737467287
32Tiger Woods+1F-373757269289

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Net ·

Het gehoop Rory vat hom, hy’t n moeilike dag gehad, Spieth het besonders gespeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.