Presidentebeker: alles tel in die VSA se guns

Branden Grace – staatmaker vir die Wêreldspan (Foto: Facebook)

As die geskiedenis tel, moet jou geld op die VSA wees. Ook as jy in die gehalte van die spelers glo, kan jy die Wêreldspan weinig kans gee in die Presidentebeker-gholftoernooi wat Donderdagaand 19:05 (SA) tyd in Jersey City begin.

Die VSA het 9 van die vorige 11 kompetisies gewen met een wat gelykop geëindig het; en al 12 hulle spelers in Jersey City en net ses van die Wêreldspan tel onder die wêreld se voorste 30. Boonop word die toernooi in die VSA beslis.

♦  Suid-Afrika het drie spelers in die Wêreldspan: Louis Oosthuizen, Branden Grace en Charl Schwartzel.

Oosthuizen en Grace, wat albei in hulle derde toernooi speel, het die beste individuele wenpersentasies in hulle span, het verlede jaar ook die eerste twee spelers in die 11 toernooie geword wat as paar al vier hulle wedstryde gewen het.

Trouens, Oosthuizen se 60%-wenpersentasie is die beste aan albei kante en Grace, met 55,56%, het die tweede beste wenpersentasie saam met Jordan Spieth.

Donderdag (19:41) slaan hierdie twee af in die beurtspel waaraan vyf pare van albei spanne deelneem, teen die VSA se Daniel Berger en Brooks Koepka.

Schwartzel en Hideki Matsuyama speel 19:05 in die eerste wedstryd van die toernooi teen Justin Thomas en Ricky Fowler.

♦  Vrydag word vyf beterbal-wedstryde gespeel, en Saterdag word vier beurtspel- én vier beterbal-wedstryde gespeel.

Sondag word die 12 enkelspelwedstryde beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.