Ryderbeker: Enkelspelwedstryde Sondag deurslaggewend

Ryderbeker (Foto: esquire.com)

Ryderbeker (Foto: esquire.com)

Die VSA begin Sondag op die derde dag van die Ryderbeker by die Hazeltinebaan in Minnesota met ʼn voorsprong van drie punte (9½-6½) oor Europa.

Al 24 spelers sal Sondag op die baan wees wanneer die 12 enkelspelwedstryde beslis word.
Saterdag se gholf, die vier beurtspel- en vier vierbalwedstryde, was ʼn titaniese stryd. Die atmosfeer het soms effens onaangenaam geraak met die skare se onsportiewe gedrag en die spelers wat die mense verder opsweep met hulle uitdagende en luide viering van goeie houe en putjies wat gewen word. Ten minste een toeskouer is van die terrein verwyder na ʼn onderonsie met McIlroy.

Die driepunt-voorsprong mag dalk lyk asof dit neusie verby is vir die Europese span om hulle vierde agtereenvolgende oorwinning te beklink, maar dit ís al tevore gedoen. In 2012 was die VSA op Medinah vier punte voor op die derde dag maar Europa het toe wel die VSA op eie bodem geklop.

Die bepaling van wie teen wie in die 12 enkelspelwedstryde speel, is van uiterste belang en kan die uitslag van die toernooi bepaal. Die twee ekstremiste, McIlroy en Reed, sal in die eerste wedstryd mekaar die stryd aansê.

Enkelspelwedstryde –
Patrick Reed teen Rory McIlroy
Jordan Spieth teen Henrik Stenson
JB Holmes teen Thomas Pieters
Rickie Fowler teen Justin Rose
Jimmy Walker teen Rafa Cabrera Bello
Phil Mickelson teen Sergio Garcia
Ryan Moore teen Lee Westwood
Brandt Snedeker teen Andy Sullivan
Dustin Johnson teen Chris Wood
Brooks Koepka teen Danny Willett
Matt Kucharn teen Martin Kaymer
Zach Johnson teen Matthew Fitzpatrick

Die uitslae Saterdag –
(Telling na twee dae: VSA 9½  Europa 6 ½)
Beurtspel (Europa 2½ – 1½)
Rory McIlroy/Thomas Pieters (Europa) wen 4&2 teen Phil Mickelson/Rickie Fowler
Brandt Snedeker/Brooks Koepka (VSA) wen 3&2 teen Matthew Fitzpatrick/Henrik Stenson
Justin Rose/Chris Wood (Europa) wen 1-voor teen Zach Johnson/Jimmy Walker
Jordan Spieth/Patrick Reed gelyk met Sergio Garcia/Rafa Cabrera Bell

Vierbal (VSA 3-1)
Rory McIlroy/Thomas Pieters (Europa) wen 3&1 teen Dustin Johnson/Brooks Koepka
Ryan Moore/J.B. Holmes (VSA) wen 1-voor teen Danny Willett/Lee Westwood
Phil Mickelson/Matt Kuchar (VSA) wen 2&1 teen Martin Kaymer/Sergio Garcia
Patrick Reed/Jordan Spieth (VSA) wen 2&1 teen Henrik Stenson/Justin Rose

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Geluk aan die VSA, maar ai daardie toeskouers het iets mooi maar wrang laat uitdraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.