Ryderbeker ná agt jaar weer VSA s’n

Foto: AP Photo/David J. Phillip

Foto: AP Photo/David J. Phillip

Die VSA het sy grootste oorwinning sedert 1981 in die Ryderbeker-toernooi behaal toe hy Sondag die enkelspelwedstryde 7½-4½ gewen het. Dit was die Amerikaners se eerste oorwinning sedert 2008 in die toernooi wat elke tweede jaar gespeel word.

Europa was uit die staanspoor in die toernooi by die Hazeltine-gholfbaan in Minnesota onder druk toe hy Vrydag die eerste kompetisie, die beurtspel, 0-4 verloor het. Hy het Sondag met ʼn agterstand van 6½- 9½ afgeslaan. Europa se spelers het vroeg goed op die telbord vertoon, maar soos die wedstryde gevorder het, het die groter ervaring van die tuisspelers sy tol geëis teen die Europeërs wat ses nuwelinge aan die toernooi bekendgestel het.

Die hoogtepunt van die dag se spel was die wedstryd tussen Phil Mickelson en Sergio Garcia wat gehalveer is. Albei spelers het in die wedstryd ʼn nieamptelike 63 houe gespeel en gesamentlik 19 voëltjies aangeteken.

Punte benodig om te wen: 14,5
Telling: VSA 17, Europa 11

Reed (VSA) wen 1-voor teen McIlroy
Stenson (Europa) wen 3&2 teen Spieth
Pieters (Europa) wen 3&2 teen Holmes
Cabrera Bello (Europa) wen 3&2 teen Walker
Fowler (VSA) wen 1-voor teen Rose
Koepka (VSA) wen 5&4 teen Willett
Mickelson gelykop teen Garcia
Snedeker (VSA) wen 3&1 teen Sullivan
Moore (VSA) wen 1-voor teen Westwood
Z Johnson (VSA) wen 4&3 teen Fitzpatrick
D Johnson (VSA) wen 1-voor teen Wood
Kaymer (Europa) wen 1-voor teen Kuchar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rudolph ·

well done aan die amerikaners..was golf van perfekte gehalte! Mickelson en Garcia was die kersie op die koek..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.