SA Ope: Engeland se Paisley loop steeds voor

Moontlik die grootste gunsteling om die 2018 SA Ope-golftoernooi te wen, is weer op koers en net een hou agter die voorloper.

Chris Paisley van Engeland, wat na die twee ronde op die Glendowerbaan in Ekurhuleni gesamentlik voor was, het in Saterdag se derde ronde weer konstante spel gelewer en met sy twee onder syfer die alleenvoorloper geword. Sy toernooitelling van 201 is 15 houer beter as baansyfer

Maar Branden Grace, baie se gunsteling om die titel te wen, het na sy effens middelmatige 71 in die tweede ronde, Saterdag ses houe minder as syfer gespeel. Hy het sewe voëltjies en net een brouhou op sy telkaart ingevul. Hy is nou een hou agter Paisley.

Dié twee het Saterdag saam laaste afgeslaan, en die Engelsman het na die eerste nege sy Vrydag-voorsprong van vyf houe voor Grace ná sy twee voëltjies met een hou vergroot.

Maar toe het Grace oor die tweede nege vlamgevat. Hy het 31, vyf houe minder as syfer, aangeteken teenoor die 36 van Paisley, wat sy konstante spel met een voëltjie en een brouhou en 36 houe oor die twee nege voortgesit het.

Grace het vyf voëltjies oor die tweede nege gespeel.

♦  Die voorloper na die tweede ronde, die Fransman Adrien Saddier, het Saterdag een oor gespeel en is nou drie houe agter Paisley en twee agter Grace.

♦  Vier Suid-Afrikaners, Jacques Blaauw (ses onder in die derde ronde en op 12 onder vir die toernooi), Darren Fichardt (agt onder Saterdag, 11 onder na drie rondes), Jacques Kruiswijk (een onder vir die derde ronde, 10 onder vir die toernooi) en ook Trevor Fisher Jnr (ses onder Saterdag, 10 onder vir die toernooi)  kan op die laaste dag nog met goeie spel – en heelwat geluk – deurbreek.

Só ook Chase Koepka, wat met vier houe beter as syfer sy aanspraak op 12 onder vir die toernooi behou het.

Vir die volledige tellings en ontledings, klik op die skakel 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.