SA se Bezuidenhout tweede toe The Players-kampioenskap afgelas is

SA se Christiaan Bezuidenhout. Foto: ANA.

Christiaan Bezuidenhout se ongelooflike openingsronde van 65 (sewe houe onder die baansyfer) om in die gesamentlike tweede plek te lê ná die openingsronde van The Players-kampioenskap in Florida, was alles tevergeefs toe die toernooi weens Covid-19 afgelas is.

Organiseerders het die moeilike taak gehad om dié spogtoernooi in Florida te kanselleer. Hoewel ʼn mens begrip vir hul besluit het, het ondersteuners ook simpatie met spelers soos Bezuidenhout se frustrasie.

“Dit is baie frustrerend as jy ’n ronde van 65 in jou Players-kampioenskapsdebuut gespeel het en dit nie tel nie. ’n Ronde van 65 was eintlik dieselfde as ’n ronde van 81 gewees,” het Bezuidenhout gesê.

Indien Bezuidenhout só voortgegaan het en hy moontlik die toernooi gewen het, sou hy vir drie agtereenvolgende jare na al vier Major-toernooie genooi word.

Soos wat dinge tans staan, is die 25-jarige die 48ste beste speler ter wêreld. As hy onder die top-50-spelers tot die einde van die maand bly, sal hy outomaties na die Meesters op Augusta genooi word.

  • Tellings ná die eerste ronde:

-9  Hideki Matsuyama

-7 Christiaan Bezuidenhout, Harris English, Si Woo Kim

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.