SA spelers in bondel in Skotland

Tyrrell Hatton is die voorloper by die Alfred Dunhill Links-gholfkampioenskap. (Foto: Richard Heathcote/Getty Images via AFP)

Die rits Suid-Afrikaners wat die naweek in die Alfred Dunhill Links-gholfkampioenskap in Skotland speel, kon nie veel hond haaraf maak in die eerste twee rondes nie.

Tyrrell Hatton van Engeland (134 houe, -10) is een hou voor sy landgenoot Daniel Givens (135) met nog ʼn Engelsman, Danny Willett, en Li Haotong van China wat saam op 136 is.

Die toernooi word op drie bane (Carnoustie, Kingsbarns en St. Andrews) gespeel en Hatton, wat Vrydag op Kingsbarns in aksie was, speel in vandag se derde ronde op St. Andrews.

Suid-Afrika se Dean Burmester (139, -5) is saam in die 16de posisie, gevolg deur Wilco Nienaber en Thomas Aiken (albei 141), Brandon Stone en Justin Walters (albei 143), Branden Grace (144) en Justin Harding (144).

* By die Jackson-buiteklub in Mississippi in die VSA loop drie Amerikaners, Sahith Theegala, Nick Watney en Will Zalatoris, saam voor op 131 houe ná die eerste ronde van die Sanderson Farms-kampioenskap. Dit maak deel uit van die Amerikaanse PGA-reeks.

Hulle word gevolg deur hul landgenote Hayden Buckley en Cameron Young op 132.

Die Suid-Afrikaner Dylan Frittelli is saam 15de op 136, wat agt houe onder die baansyfer is.

* Nobuhle Dlamini van Swaziland is saam met Kelsey MacDonald van Skotland voor op 136 (-4) ná die tweede ronde van die Estrella Damm-toernooi wat by die Club de Golf Terramar in Spanje beslis word.

Suid-Afrika se Stacy Lee-Bregman is op 142 in die 13de posisie.

* Op die Humewood-baan in Gqeberha loop drie Suid-Afrikaners – Malcolm Mitchell, Richard Joubert en Hennie Otto – saam voor ná die tweede ronde van die Vodacom Origins of Golf-toernooi, waar prysgeld van R1 miljoen op die spel is, op 140 houe.

Hulle word op 141 gevolg deur Michael Palmer, Tristen Strydom en Daniel Greene met Christiaan Basson, Jean Hugo en Jayden Schaper op 141.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.