Stenson buit Ope-titel, maak geskiedenis

Henrik Stenson. Foto: AP Photo/Peter Morrison

Henrik Stenson. Foto: AP Photo/Peter Morrison

Die Sweedse gholfspeler Henrik Stenson het sy eerste Britse Ope-titel gewen nadat hy aan die einde van die derde ronde op die Royal Troon-baan die voortou by Phil Mickelson oorgeneem en dit in die laaste ronde behou het.

Stenson het met sy 264 met ’n merkwaardige 20 houe onder baansyfer geëindig. Dit is die laagste toernooi-telling in die geskiedenis van die Britse Ope en ook die meeste houe onder syfer. Hy het boonop met sy 63 Sondag die laagste rondetelling geëwenaar.

Die 40-jarige Stenson is ook die eerste Sweed wat die Britse Ope gewen het.

Die Amerikaner Mickelson het 267 houe gespeel. Dit is 17 houe onder baansyfer en drie swakker as Stenson se wentelling.

Tydens die Ope drie jaar gelede was Mickelson en Stenson ook tot op die einde kop aan kop, maar toe het Mickelson met die louere weggestap.

♦ Die vyf Suid-Afrikaners wat die afsnypunt oorleef het, het Sondag tellings aangeteken wat van goed tot teleurstellend gewissel het.

Charl Schwartzel het op 284 gelyk aan baansyfer geëindig ná sy 2-oor in die laaste ronde. Dit het hom op ʼn dag van relatiewe lae tellings na die gesamentlike 18de plek laat afskuif. Die redelike tellings word daaraan toegeskryf dat die gure weer toe eindelik net ʼn “dreigement” van die weervoorspellers was.

Suid-Afrika se Ope-debutant, Haydn Porteous, het Sondag weer redelik vertoon en sy 1-oor het hom op 286 houe laat klaarmaak, twee houe meer as baansyfer vir die vier rondes. Ander Suid-Afrikaanse tellings was dié van Richard Sterne (290, 1-oor Sondag); Zander Lombaard (295, 5-oor Sondag) en Branden Grace wat albei gesukkel het (297, 6-oor Sondag).

♦  Die wêreld se no. 1-speler, Jason Day, het 285 gespeel en verlede jaar se Britse Ope-wenner, Zach Johnson, het op 283 geëindig, twee houe meer as baansyfer.

Voorste tellings –

NAAMLAND1234TOTAAL
Henrik StensonSwede68656863264
Phil MickelsonVSA63697065267
J.B. HolmesVSA70706969278
Steve StrickerVSA67756869279
Tyrrell HattonEng70717168280
Rory McIlroyN-Ier69717367280
Sergio GarciaSpanje68707369280
Andrew JohnstonEng69697073281
Soren KjeldsenDen67687572282
Bill HaasVSA68706975282
Dustin JohnsonVSA71697270282
Gary WoodlandVSA69737170283
Zach JohnsonVSA67707571283
Matthew SouthgateEng71717269283
Andy SullivanEng67767169283
Patrick ReedVSA66747172283
Emiliano GrilloArg69727270283
Charl SchwartzelRSA72667373284
Miguel Angel JimenezSpanje71727071284
Keegan BradleyVSA67687673284
Tony FinauVSA67717274284
Suid-Afrikaanse tellings
Charl Schwartzel 72667373284
Haydn Porteous 70766872286
Richard Sterne 68747672290
Branden Grace 70747677297
Zander Lombard 69767476295

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.