Tropiese storm keer Erik van Rooyen se opmars

Erik van Rooyen van Suid-Afrika (Maart 2021) (Foto: Michael Reaves/Getty Images via AFP)

Suid-Afrika se nuwe goue seun van gholf, Erik van Rooyen, sal tot Maandag moet wag vir die laaste rondte van die Northern Trust-toernooi op die Liberty National-gholfbaan in New Jersey.

Weens tropiese storm Henri wat die gebied Sondag gaan tref, het die organiseerders besluit om die laaste rondte vir Maandag te skeduleer.

Van Rooyen is een hou agter die gesamentlike voorlopers, die Spanjaard Jon Rahm en Australiër Cameron Smith. Van Rooyen het sy derde rondte in 62 houe, nege houe onder die baansyfer, voltooi. Smith het ʼn ongelooflike derde rondte van 60 houe gespeel, elf houe beter as die baansyfer en ʼn nuwe baanrekord.

Nog ʼn Suid-Afrikaner, Garrick Higgo, is in die gesamentlike 40ste plek, tien houe agter die voorlopers.

Op die senior-toer is Ernie Els drie houe agter die voorloper Woody Austin by die Boeing Classic in die deelstaat Washington.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.